TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Studentegids oor Finansiering - NSGHS &gt Die Terugbetaling van die Lening
Die Terugbetaling van die Lening
Wanneer Begin jy Terugbetaal?
Wanneer jy werk het en jou jaarlikse salaris R26 300 of meer is.
Hoe Betaal jy Terug?
Die terugbetalings word uitgewerk teen 'n koers wat nie 'n groot las op jou sal plaas nie.
Daarom word terugbetalings gegrond op die salaris wat jy verdien.
En terugbetalings begin eers wanneer jou salaris R26 300 of meer per jaar is (met ander woorde R2 192 per maand). Op dié vlak is jou terugbetaling 3% van jou jaarlikse salaris.
Die koers waarteen jy jou lening terugbetaal word uiteengesit in die Handige Omrekeningstabel.
Hoe Betaal jy Terug?
Die NSGHS stuur kwartaallikse rekenings aan alle studente en sal later 'n inligtingsbrief aan jou stuur waarin jou skikkingsvoorwaardes uiteengesit word wanneer jy in 'n posisie is om jou lening terug te betaal. Dit gebeur wanneer jy meer as R26 300 per jaar begin verdien.
Daar word dan van jou verwag om die nodige reëlings te tref. Dit kan 'n debietorder op jou bankrekening, direkte depositos in die NSGHS se rekening, posorders, tjeks of werkgeweraftrekkings insluit.
Die NSGHS sal jou inlig hoeveel jy moet betaal, maar dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat jy met hulle in verbinding bly
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Studentegids oor Finansiering - NSGHS
Inleiding
Hoe, Wat, Wanneer, Waar ...
Die Terugbetaling van die Lening
Dinge wat jy oor die NSGHS Moet Weet
Meer Inligting
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
