Rural Safety | Farm Attacks(Afrikaans) | Part 10







10.
GOEIE GEWOONTES TEN OPSIGTE VAN VEILIGHEID

 

10.1.
Staan op u regte as eienaar van u plaas. Vreemdelinge wat u plaas betree of werkers besoek, moet eers by u toestemming kry. Skakel met u plaaslike SAPD of landbouunie oor wat u regte kragtens die wet is en hoe u dit op u plaas kan toepas.

  

10.2. 
Plaaswerkers

  




10.2.1.
Bou goeie verhoudinge met werkers op.

10.2.2.
Hou afskrifte van alle werkers se identiteitsdokumente.

10.2.3.
Moedig werkers aan om veiligheidsdbewus te wees en misdaad aan te meld.

10.2.4.
Moedig werkers aan om op hul hoede te wees vir vreemdelinge wat die gebied besoek en om dit aan te meld.

10.2.5.
Beloon werkers vir nuttige wenke en inligting.

10.2.6.
Bied voldoende veiligheid vir die werkers en hul gesinne.


 

10.3.
Moenie enige persoon op u plaaswerf of in u huis toelaat sonder dat hy/sy hom/haar gedentifiseer het nie, veral snags.

 

10.4.
Ten minste een hond moet in die woning slaap.

 

10.5.
Maak seker dat toerusting soos byle, grawe, pikke, breekysters, lere, toegesluit is wanneer dit nie in gebruik is nie. 



10.6.
Beheer oor sleutels:

 




10.6.1.
Identifiseer sleutels deur middel van kodes en nie deur woorde daarop te skryf of naamplaatjies nie.

10.6.2.
Vermy dit om groot bosse sleutels aan die persoon te dra. Kodeslotte kan gebruik word en kodes moet gereeld verander word.

10.6.3.
Haal sleutels uit voertuie wanneer dit nie gebruik word nie.

10.6.4.
Verander die slotte wanneer sleutels wegraak.

10.6.5.
Maak seker dat alle deure (insluitend veiligheids- en motorhuisdeure), vensters en hekke gesluit bly wanneer dit nie in gebruik is nie.

10.6.6.
Voordat n deur oopgesluit word, maak seker dat die regte sleutel byderhand is.

10.6.7.
Moet nooit n sleutel op een van die tradisionele wegsteekplekke, onder deurmatte en in potplanthouers versteek nie.

10.6.8.
Wanneer n sleutel aan die binnekant van n deur gelos word, moet dit dwars gedraai wees om te verseker dat dit nie uit die sleutelgat uitgedruk word nie.


 

10.7.
Maak n gewoonte daarvan om u gesin in te lig oor u beplande bestemming, die roete wat u gaan gebruik en wanneer u beplan om terug te keer wanneer u die huis verlaat.

 

10.8.
Toets u telefoon gereeld om seker te maak dat dit in n werkende toestand is. Laat die telefoon op so n plek installeer dat dit maklkik van enige plek in die huis bereik kan word en dat dit nie direk in lyn van vuur deur n venster is nie. Maak seker dat alternatiewe kommunikasiemiddele altyd beskikbaar is.

 

10.9.
Hou altyd n flitslig in die nag byderhand en wanneer n flitslig gebruik word, sorg dat dit nie u posisie verklap nie. Vervang die batterye gereeld.

 

10.10.
Tref voorsorgmaatrels teen die diefstal van brandstof en voorrade deur goeie beheer daaroor uit te oefen.

 

10.11.
Wissel u daaglikse roetine af.

 

10.12.
Maak n gewoonte daarvan om nie dadelik te gaan slaap nadat die ligte saans afgeskakel is nie. Bly nog n rukkie wakker. Moenie slaap waar u van buite af sigbaar is nie.

 

10.13.
Vermy dit om voor vensters te staan wanneer die gordyne oop- en toegemaak word. Beweeg saam met die gordyn sodat u nie n teiken is nie. Geen beweging moet deur die gordyn sigbaar wees op n afstand van ongeveer 100 meter, nie.

 

10.14.
Neem fotos en vingerafdrukke van al die werknemers. Selfs al word dit nie gebruik nie, is dit n goeie afskrikmiddel.

 

10.15.
Om gereeld teiken te skiet op die plaas (binne die veiligheidsmaatrels natuurlik) is ook n goeie afskrikmiddel vir enige moontlike misdadiger.

 

10.16.
Lig u kinders en werknemers in oor die korrekte wyse om die telefoon te beantwoord. Leer hulle ook om gesprekke met vreemdelinge te vermy en om nie geskenke van vreemdelinge te aanvaar nie. Almal in die huisgesin moet op hoogte wees van die veiligheidsoefeninge.

 

10.17.
Hou n ou kamera byderhand en neem fotos van alle vreemdelinge in u gebied of onbekende besoekers op u plaas.

 

10.18.
Wanneer u by u terugkeer onseker is of dit veilig is om u woning te betree, vra u naaste bure om u by te staan met die deursoeking van die woning. Dit sal voorkom dat u in lokvalle gelei word.

 

10.19.
Identifiseer relatief veilige plekke, bv badkamers, toilette en stoorkamers. Hoe minder vensters, hoe beter.

 

10.20.
Moenie vlambare middels in die huis berg nie.

 

10.21.
Ken die omgewing goed sodat u maklik kan ontvlug, al is dit donker.

 

10.22.
As u vir n tyd lank weg was van die huis, probeer om tuis te kom wanneer dit nog lig is.

  

10.23.
Vergewis u van die protocol ten opsigte van plaasbesoeke deur die polisie, Kommando of bure.

 

10.24.
Doeltreffende kommunikasie is n baie belangrike komponent van landelike beveiliging. Dit is daarom belangrik dat elke plaas in verbinding moet bly met ander plase, asook met die SAPD en die SANW.

 

10.25.
Daar moet twee alternatiewe noodsteunstelsels wees, byvoorbeeld n telefoon en burgerbandradio. n Sellulre foon is nuttig aangesien geen lyn geknip kan word nie.

 

10.26.
n Radionetwerk moet bewerkstellig word wat gereeld nagegaan en onderhou moet word. n Verantwoordelike individu moet hierdie taak pligsgetrou verrig.

 

10.27.
Betrek die werknemers/plaaswerkers asof hulle deel is van die familie/span.

 

10.28. 
Plaaswerkers moet op gelyke voet betrokke wees by die onderhoud van die sekuriteitstelsel.

 

10.29.
Werkers moet ingelig wees oor die gebruik van kodewoorde wat noodsituasies aandui indien nodig.

 

10.30.
Leer die gewoonte aan om op fyn besonderhede te let.

 

10.31.
Bepaal moontlike toegang- en ontvlugtingsroetes en bespreek dit met die gesin/plaaswerkers.

 

10.32.
Kommunikasiestelsels (asook alternatiewe kommunikasiestelsels) moet gereeld getoets word.



10.33.
Indien werksdispute opduik, moet veiligheid verskerp word. Alle inligting, hoe gering ookal, is belangrik nie.



10.34.
Eksperimenteer met stelsels  deel inligting met sellede, kommandos en die SAPD.



================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================







[statistics/reports/rural_safety/afr/pages/nav.htm]





