Huurbehuisingstribunaal
DOELWITTE VAN DIE TRIBUNAAL
Om stabiliteit in die huurbehuisingsektor van die Wes­Kaap te bevorder
Om meganismes vir die hantering van geskille binne hierdie sektor te skep
Om deur fasilitering, ondersoeke, bemiddeling en formele verhore geskille te besleg
Om verhuurders en huurders in te lig met betrekking tot hul regte en pligte indien onbillike en onwettige praktyke ontstaan
VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE TRIBUNAAL Die Huurbehuisingstribunaal verskaf 'n gratis diens aan huurders en verhuurders regdeur die Wes­Kaap. Verhore en sittings vir bemiddeling word so naby as moontlik aan die punt van klagte hanteer.
WATTER PROSES WORD GEVOLG AS 'N KLAGTE ONTVANG WORD?
Klagtes moet op die klagtevorm wat in die Prosedureregulasies voorgeskryf is en by die Tribunaal beskikbaar is, ingedien word.
Die Tribunaal doen 'n voorlopige ondersoek om vas te stel of die klagte betrekking het op 'n geskil ten opsigte van 'n aangeleentheid wat 'n onbillike praktyk kan uitmaak.
Indien die klagte wel betrekking het op sodanige geskil, poog die Tribunaal eers om die klagte deur informele of formele bemiddeling op te los.
Indien die partye nie 'n ooreenkoms kan bereik nie, word die saak verwys vir formele verhoor.
WIE MAG 'N KLAGTE INDIEN? Enige huurder of verhuurder of groep huurders of verhuurders of belangegroep binne die Wes­Kaap mag klagtes by die Wes­Kaapse Huurbehuisingstribunaal indien.
WAT IS DIE REGTE VAN VERHUURDERS EN HUURDERS? 'n Huurder se regte sluit in:
Dat sy/haar persoon of woning nie deursoek mag word nie
Dat sy/haar eiendom nie deursoek mag word nie
Dat daar nie op sy/haar besittings sonder 'n hofbevel beslag gelê mag word nie
Privaatheid van kommunikasie n Verhuurder se regte sluit in:
Tydige en gereelde betalings
Om skuld te verhaal na 'n hofbevel verkry is
Om 'n huurkontrak te kanselleer op gronde wat nie as onbillik beskou word nie en in die huurkontrak gespesifiseer is
Om by beëindiging van die huurkontrak, die huureiendom in 'n goeie toestand terug te ontvang en om die eiendom terug te neem na verkryging van 'n hofbevel
Om vergoeding te eis vir skade/verbeterings
WAT GEBEUR INDIEN PARTYE NIE AAN 'N BESLISSING VAN DIE
TRIBUNAAL GEHOOR GEE NIE?
n Beslissing van die Tribunaal word geag 'n bevel van 'n landdroshof, geneem ingevolge die Wet op Landdroshowe , te wees.
Enige persoon wat versuim om aan artikel 16 gehoor te gee (m.a.w. versuim om 'n verhoor by te woon sonder voldoende gronde, wat weier om ingesweer te word, wat weier om enige dokument of voorwerp in sy besit voor te lê, wat poog om die Tribunaal te mislei, wat met opset vals verklarings maak, wat enige regulasie oortree), sal skuldig wees aan 'n oortreding en by skuldigbevinding strafbaar wees met 'n boete of gevangenisstraf van hoogstens twee jaar, of met sowel 'n boete as gevangenisstraf.
WAAR OM AANSOEK TE DOEN INDIEN U BYSTAND VAN DIE TRIBUNAAL
BENODIG
Faks: 483 2060
STRAATADRES:
