Opgawe vir algemene inligting
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die opgawe vir algemene inligting stel werkgewers in staat om inligting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te verstrek oor hulle werkgewers van wie daar nie belasting afgetrek is soos die Inkomstebelastingwet, 1962 voorskryf nie.
Bo
Stappe om te volg
Skedule A: Werk en dienste -opgawe
In gevalle waar werknemers se jaarlikse besoldiging R2 000 of minder bedra en werknemersbelasting nie afgetrek is nie, moet die werkgewer 'n IB3 of alfabetiese lys indien wat die volgende inligting oor elke individu bevat:
voorletters en van of handelsnaam inkomstebelastingverwysingsnommer identiteitsnommer of paspoortnommer adres besoldigingsbedrag periode van indiensneming of toevaldatum n IB3 sal in die volgende gevalle uitgereik word:
As 'n werknemer se bruto besoldiging of die jaarlikse ekwivalent daarvan minstens R2 000 bedra en nie die belastingdrumpel oorskry nie. uitgereik moet word.
Vir 'n enkelbedragbetaling waarvan geen belasting afgetrek is nie.
Enige betaling wat aan 'n persoon gemaak is vir dienste wat gelewer is of gelewer moet word en waarvoor geen belasting afgetrek is nie.
Moet NIE hierdie opgawes met betrekking tot die volgende indien nie:
Gelde wat betaal is vir dienste wat persone, soos mediese praktisyns, prokureurs, advokate, boekhouers en ouditeure, in die gewone gang van hulle professionele praktyk gelewer het.
Enige besoldiging wat op die IRP5-sertifikaat aangedui word.
Besoldiging, of die jaarlikse ekwivalent daarvan, wat nie R2 000 vir die belastingjaar oorskry nie.
Skedule B: Eiendom, beleggings, regte en tantièmes -opgawe
Gee besonderhede oor bedrae wat jy betaal of gekrediteer het met betrekking tot:
rente op lenings en verbande rente op fondse wat by jou belê is rente op obligasies rente op lopende spaarrekeninge dividende op aandele huur wat jy as huurder betaal het of as agent ingevorder het geld wat vir reg van gebruik van eiendom betaal is tantièmes of gelde wat betaal is vir die gebruik van patent-, ontwerp-, handelsmerk- of kopiereg of vir die oordra van kennis wat met die gebruik van 'n patent in Suid-Afrika verband hou.
Skedule C: Verhandeling van effektetrust- of ander finansiële instrumente -opgawe
Verstrek die volgende gegewens oor die verhandeling van effektetrusteenhede of die verhandeling van 'n finansiële instrument namens enige persoon:
beskrywing van die onderaandeel of finansiële instrument die getal onderaandele of instrumente wat verhandel is die beswaarde gemiddelde by verhandeling die bruto opbrengs by verhandeling die netto wins of verlies van die verhandeling.
Skedule D: Plaasprodukte, hout, lewende hawe, erts, minerale, edelstene en bonusse wat aan lede van koöperatiewe maatskappye en verenigings uitbetaal is -opgawe
Verstrek gegewens oor:
Alle plaasprodukte, hout, lewende hawe, erts, minerale of edelstene wat jy bekom het deur dit te koop of te ruil .
Alle plaasprodukte, hout, lewende hawe, erts, minerale of edelstene wat jy as agent namens die produsent verkoop het.
All produkte, erts of minerale wat jy as versendingsagent namens die produsent verskeep het aan verkoopsagente buite Suid-Afrika.
Bonusse wat uitbetaal is aan lede van koöperatiewe maatskappye en verenigings.
Bo
Regsraamwerk
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsduur nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Opgawe vir algemene inligting, IB3
Bo
Kontakbesonderhede
