Opgawe vir betaling van voorlopige belasting - derde betaling
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Sodra 'n persoon belasbare inkomste verdien wat nie aan SIBW- of LBS-aftrekkings onderworpe is nie moet hy of sy voorlopige belasting op hierdie inkomste betaal. Voorlopige belasting word sesmaandeliks betaal.
Voorlopige belasting is bedoel om belastingbetalers te help om hulle belastingverpligtings op 'n deurlopende basis na te kom in plaas van om eenmaal per jaar 'n groot bedrag te moet betaal wanneer hulle aangeslaan word. Die voorlopige belasting wat betaal is, sal verreken word teen die finale inkomstebelasting wat individue in die betrokke belastingjaar moet betaal.
Wanneer jy vir die betaling van voorlopige belasting aanspreeklik raak, moet jy binne 30 dae daarvan skriftelik om registrasie by die plaaslike takkantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aansoek doen. Versuim om dit te doen, sal lei tot rente en boetes op laat betalings en bykomende belasting op opgawes wat laat ingedien is.
Die derde voorlopige betaling word ook 'bykomende' voorlopige betaling of 'opvulbetaling' genoem.So 'n betaling moet nie later as die effektiewe datum betaal word nie. Die effektiewe datum is:
indien die belastingjaar op 28 of 29 Februarie eindig, sewe maande later vir goedgekeurde finansiële jaareindes wat op 'n ander datum as 28 of 29 Februarie, ses maande later.
Die derde betaling is 'n vrywillige betaling, wat enige voorlopige belastingbetaler mag maak. Belastingbetalers met 'n belasbare inkomste van meer as R50 000 of maatskappye met 'n belasbare inkomste van R20 000 of meer kan 'n derde vrywillige betaling maak om te voorkom dat hulle rente op enige onderbetaalde belastingaanslag moet betaal.
Die doel van hierdie betaling is om belastingbetalers in staat te stel om die verskil in te betaal tussen werknemersbelasting plus voorlopige belasting wat reeds vir daardie jaar betaal is, en die totale belastingverpligting vir die betrokke belastingjaar.
Die derde periode verteenwoordig die totale belasting wat vir die volle jaar betaalbaar is, minus die werknemersbelasting wat vir die volle jaar betaal is enige toelaatbare buitelandse belastingkrediete vir die volle jaar die bedrae wat vir die eerste en die tweede voorlopige belastingperiode betaal is.
Bo
Stappe om te volg
Elke voorlopige belastingbetaler moet self bepaal wanneer 'n aanvullende derde betaling nodig is.
Kry die SAID se nuwe betalingsadvies of laai dit van hierdie webwerf af, vul dit in en dien dit saam met jou betaling in.
Omdat die betalingsadvies generies van aard is en nie besonderhede oor 'n spesifieke belastingbetaler bevat nie, is dit uiters belangrik dat jy die korrekte rekeningbesonderhede op jou opgawe verstrek. Indien die korrekte besonderhede nie ingevul word nie, kan die betaling nie aan die regte belastingbetaler gekrediteer word nie.
Die rekeningbesonderhede is soos volg saamgestel:
Die belastingbetaler se belastingverwysingsnommer
P0003 - wat die betalingsperiode aandui
- wat die belastingjaar aandui.
n Tipiese betalingverwysingsnommer sal dus so lyk: 1234567123P00032005
Betaling aan die SAID kan op enige van die volgende maniere geskied:
Voorlopige belasting kan van Maandag tot Vrydag tussen 08h00 en 15h30 by enige SAID-kantoor betaal word.
IUndien betaling deur die pos, of via die bank of OTM geskied, moet jy voorsiening maak vir die tyd wat posaflewering of verwerking in beslag sal neem.
Indien betaling elektronies geskied, moet jy voorsiening maak vir jou bank se afsluittye en 'n verrekeningstyd van tussen twee en vyf dae.
Bankbesonderhede:
As jy by enige tak van ABSA, FNB of Nedbank oor die toonbank betaal, hoef jy nie meer 'n bankrekeningnommer en bankkode te verstrek wanneer jy betalings maak nie. Dieselfde geld ook vir alle kliënte van ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank wat die internetbankdiens gebruik.
Al wat gevra word as jy 'n betaling wil maak, is:
die kliënt se 19-syfer lange betalingsverwysingsnommer die begunstigde se ID- of rekeningnommer, wat aan 'n spesifieke soort belasting gekoppel is.
Hierdie besonderhede verskyn op die IRP 6-opgawe se betalingsadvies.
Betalings wat nie sowel die betalingsverwysingsnommer as die begunstigde se ID-nommer bevat nie, sal nie aanvaar word nie.
Indien die laaste dag vir betaling op 'n openbare vakansiedag of oor die naweek val, moet betaling op die laaste werksdag voor die openbare vakansiedag of naweek geskied.
Let wel:
Die betaling vir die derde periode moet op werklike belasbare inkomste gebaseer wees aangesien die doel van hierdie betaling is om jou te help om die verskil te betaal tussen werknemersbelasting plus voorlopige belasting wat reeds vir die jaar betaal is, en jou volle belastingverpligting vir die betrokke finansiële jaar.
Raadpleeg die IRP 12-riglyne as jy hulp met die invul van jou IRP 6-opgawe nodig het.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen voorgeskrewe tydsbepaling vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
