STAD KAAPSTAD: HERSIENE WATERBEPERKINGS: VLAK 1
Kennisgewing aan alle verbruikers van Munisipale drinkwater: Hersiene vlak 1-Beperkings (Goeie Waterbestuursgebruike en -Praktyke) sal vanaf 1 November 2005 geld. Kennis geskied hiermee ingevolge die "Munisipaliteit van Kaapstad: Verordening op Waterdienste om die gebruik van water te bepaal of te beperk", gepubliseer in Staatskoerant nr. 5994 op 28 Maart 2003, dat sekere hersiene beperkings met ingang van 1 November 2005 en tot verdere kennisgewing binne die grense van die Stad Kaapstad geld, onderhewig aan die vrystellings vasgestel. Hierdie hersiene beperkings is nodig om die voortgesette toepassing van "goeie waterbestuursgebruike en -praktyke" wat reeds deur alle waterverbruikers gevolg word, aan te moedig, soos met die Departement van Watersake ooreengekom. Die doel van hierdie advertensie is om die aandag te vestig op die nuwe waterbeperkings van met ingang van 1 November 2005 opgelê word en wat die vorige vlak 2-waterbeperkings vervang. Enige persoon wat vrystelling verlang van enige beperking moet met die betrokke kantore hieronder in verbinding tree. Enige persoon wat die bepalings van hierdie finale kennisgewing oortree, sal aan 'n oortreding skuldig wees en aanspreeklik wees vir die betaling van 'n boete. Oortredings moet by die 24-uur-nommer 086010 30 54 aangemeld word.
Hersiene beperkings op vlak 1 (goeie waterbestuursgebruike en -praktyke)
Terwyl die gebruik van sproeiers op enige gegewe dag toegelaat word, mag geen persoon sonder die vooraf skriftelike magtiging van die Raad 'n tuin, sportterrein, park of enige ander grasterrein tussen 10:00 en 17:00 met drinkwater natlei nie.
Wanneer 'n tuin, park of sportterrein met 'n tuinslang natgelei word uit 'n drinkwaterbron, mag die tuinslang nie sonder 'n beheermeganisme alleen gelaat word nie.
Geen persoon mag sonder die vooraf skriftelike magtiging van die Raad 'n harde of geplaveide oppervlak met 'n tuinslang afspuit indien 'n drinkwaterbron daarvoor gebruik word nie.
n Tuinslang wat gebruik word om voertuie, bote en woonwaens te was, moet voorsien word van 'n outomatiese selfafsluitingsmeganisme.
Alle outomatiese spoelurinaalbakke moet afgedraai word in alle geboue gedurende tye wanneer die publiek en/of personeel, behalwe skoonmaakpersoneel, sodanige geboue normaalweg verlaat. U aandag word ook gevestig op Buitengewone Staatskoerant nr 5014 , wat die installasie van outomatiese spoelurinaalbakke in nuwe geboue verbied.
Die beperkings waarna in paragraaf 1 en 3 alleenlik verwys word, geld nie vir die doel van plante natlei in kwekerye met 'n winsoogmerk, kwekerye wat aan die Raad of staat behoort, versamelings wat vir navorsingsdoeleindes in stand gehou word, duinrehabilitasieprojekte, krieketkolfblaaie, rolbalbane, gholfsetperke, kroukiebane, kunsmatige grasvelde en groot sportstadions nie.
Die beperkings waarna in paragraaf 1, 2 en 3 verwys word, geld nie.
Vir die was van sekere geplaveide oppervlaktes by abattoirs, voedselverwerkingspersele en motorskoonmaakdienste nie;
Waar spesiale vrystellings skriftelik deur die Stad Kaapstad toegestaan is nie;
Waar ander bronne van nie-drinkbare water gebruik word en 'n kennisgewing waarop die bron aangedui word, opgerig is op 'n plek waar dit duidelik sigbaar is vanaf 'n openbare deurgang nie.
Alle vrystellings voor 31 Oktober 2005 sal nie meer geld nie. Spesiale vrystellings sal slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan word. Hierdie aansoeke kan aan die betrokke distrikkantoor hieronder gerig word.
Aansoeke om vrystellings moet skriftelik aan een van die volgende kantore gerig word:
