Versoek om 'n Paroolraadverhoor by te woon
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Klaer of slagoffer van 'n misdaad, soos omskryf in artikel 299A van die Strafproseswet 1977, mag vertoë rig of die Paroolraadverhoor bywoon waartydens oorweeg word om die oortreder op parool vry te laat of onder korrektiewe toesig te plaas.
Bo
Stappe om te volg
Die klaer of slagoffer van misdaad moet die betrokke Korrektiewe Toesig- en Paroolraad skriftelik in kennis stel indien hy of sy vertoë wil rig of die oortreder se Paroolraadverhoor wil bywoon.
Indien die versoek goedgekeur word, sal die Raad die die klaer of slagoffer skriftelik in kennis stel, en vermeld wanneer en aan wie vertoë gerig moet word. Die datum en plek van die betrokke paroolraadvergadering sal ook aangedui word.
Dit is die klaer of slagoffer se verantwoordelikheid om die Kommissaris of die KTPR oor enige adresverandering in te lig.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die Paroolraad sal die klaer binne 14 dae skriftelik antwoord.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
