Aanmelding van die boedel van 'n oorledene
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Bestorwe boedel ontstaan sodra iemand te sterwe kom en eiendom en/of 'n dokument nalaat wat 'n testament is of bedoel was om 'n testament te wees. Die boedel moet dan geadministreer en verdeel word in ooreenstemming met die oorledene se boedel, of indien daar geen testament nagelaat is nie, in ooreenstemming met die voorwaardes van die wet. Die Administration of Estates Act, 1965, beskryf die stappe wat gevolg moet word om 'n bestorwe boedel te administreer.
Die boedel van 'n gestorwene moet binne 14 dae van die sterfte by die Meester se kantoor aangemeld word. Enigiemand in beheer of in besit van enige eiendom wat aan die boedel behoort, of enigiemand in besit van 'n dokument deur die oorledene wat veronderstel is om 'n testament te wees, kan die sterfte aanmeld.
Waarom moet 'n sterfte by die Meester aangemeld word?
indien die oorledene in Suid-Afrika te sterwe gekom het en eiendom agtergelaat het asook/of enige dokument wat 'n testament is of bedoel was om 'n testament te wees indien die oorledene buite Suid-Afrika te sterwe gekom het maar eiendom in Suid-Afrika agtergelaat het asook/of enige dokument wat 'n testament is of bedoel was om 'n testament te wees.
Waar moet 'n bestorwe boedel aangemeld word?
Hoewel alle landdroskantore dienspunte vir die Meester is en bestorwe boedels dus daar aangemeld kan word, beskik hulle oor beperkte jurisdiksie en sal dus alle boedels met testamente asook boedels groter as R50 000 na die provinsiale kantore van die Meester oordra. Indien jy dus so 'n boedel wil aanmeld is dit wenslik om dit regstreeks by die Meester se kantoor te doen.
Bo
Stappe om te volg
Indien die waarde van die boedel minder as R50 000 is meld die boedel by die landdroskantoor aan. Indien die boedel R50 000 oorskry meld dit direk by die Meester se kantoor aan.
indien die oorledene in Suid-Afrika woonagtig was ten tye van sy of haar dood, meld die boedel aan by die Meester met jurisdiksie in die gebied waar die oorledene tydens sy of haar afsterwe woonagtig was indien die oorledene ten tye van sy of haar afsterwe nie in Suid-Afrika woonagtig was nie kan jy die boedel by enige Meester aanmeld meld die boedel aan met 'n ingevulde Vorm J294: Sterfkennisgewing asook ander relevante aanmelddokumente wat verderaan verstrek word jy kan die Sterfkennisgewing en ander aanmelddokumente by enige kantoor van die Meester van die hoërhof of by enige landdroskantoor bekom die waarde van die boedel en die soort aanstelling wat vereis word sal bepaal watter dokumente jy moet invul en indien.
Indien die waarde van die boedel minder as R125 000 is, vul die volgende dokumente in:
Vorm J294: Sterfkennisgewing
Vorm J192: Beëdigde verklaring: besonderhede van naasbestaandes - word voltooi indien die oorledene nie 'n geldige testament nagelaat het nie
Vorm J243: Inventarisvorm
indien die boedel sonder testament is of indien die testament geen spesifieke eksekuteur aanwys nie of indien die genomineerde eksekuteur reeds oorlede is of die aanwysing afwys
Heg die volgende dokumente aan by die ingevul vorms wat hier bo verstrek word:
die oorspronklike of 'n gewaarmerkte afskrif van die doodsertifikaat n Oorspronklike of 'n gewaarmerkte afskrif van die huweliksertifikaat - waar van toepassing alle oorspronklike testamente en kodisille 'n byvoeging tot 'n testament wat die oorspronklike wysig of 'n gedeelte herroep of dokumente wat dit ten doel gehad het - indien enige n Lys van krediteure van die oorledene - waar van toepassing n Verklaring wat bevestig dat die boedel nog nie by 'n ander Meesterskantoor of by 'n ander dienspunt van die Meester aangemeld is nie.
Indien die waarde van die boedel minder as R125 000 is mag die Meester besluit om nie eksekuteursbriewe uit te reik nie maar om liefs magtigingsbriewe uit te reik ingevolge Artikel 18 van die Administration of Estates Act, 1965.
Indien die waarde van die boedel R125 000 oorskry vul die volgende dokumente in:
Vorm J294: Sterfkennisgewing
Vorm J192: Beëdigde verklaring: besonderhede van naasbestaandes - moet ingevul word indien die oorledene nie 'n geldige testament nagelaat het nie. Hierdie verklaring deur die naasbestaandes van 'n gestorwe swart persoon wat nie 'n geldige testament nagelaat het nie, moet verklaar dat die boedel nie by 'n ander Meester of dienspunt aangemeld is nie .
Vorm J243: Inventarisvorm
Nominasie om as eksekuteur op te tree/Nominasievorm - moet deur die erfgename ingevul word to appointment a Master's representative:
indien die boedel sonder testament is of indien die testament geen spesifieke eksekuteur aanwys nie of indien die genomineerde eksekuteur reeds oorledene is of die aanwysing afwys.
Vorm J109: Acceptance of trust as executor - moet in tweevod ingevul word deur die persoon wat as eksekuteur genomineer is
Vorm J262: Undertaking and bond of security - moet ingevul word tensy die genomineerde eksekuteur daarvan vrygestel is om sekuriteit vir die boedel te verskaf ,of die oorledene se ouer, eggenoot of kind is.
Heg die volgende dokumente aan by die ingevul vorms wat hier bo verstrek word:
die oorspronklike of 'n gewaarmerkte afskrif van die doodsertifikaat n oorspronklike of 'n gewaarmerkte afskrif van die huweliksertifikaat - waar van toepassing alle oorspronklike testamente en kodisille of dokumente wat dit ten doel gehad het - indien enige.
Indien die waarde van die boedel meer as R125 000 beloop moet eksekuteursbriewe uitgereik word en die volledige proses, soos dit voorgeskryf word in die Administration of Estates Act, 1965, moet gevolg word.
Die dienspunte het slegs jurisdiksie indien die oorledene nie 'n geldige testament nagelaat het nie en die bruto waarde van die boedel nie R50 000 oorskry nie. 'n Magtigingsbrief beteken die genomineerde verteenwoordiger hoef nie die boedel te bedryf volgens die volledige prosedure wat voorgeskryf word in die Administration of Estates Act, 1965.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die tydskaal vir die diens hang af van die kompleksiteit van die saak.
Bo
Koste
Nader die Meesterskantoor vir besonderhede.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
