Aanmeld van 'n misdaad by die Suid-Afrikaanse Polisiediens
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Enigiemand wat 'n slagoffer van misdaad is, kan van hierdie diens gebruik maak.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal 'n dossier oopmaak en die misdaad ondersoek, verdagtes arresteer en die saak vir vervolging voor die hof bring.
Bo
Stappe om te volg
Wanneer iemand 'n slagoffer van misdaad is, kan hy of sy die polisie by 10111 bel of die misdaad by die naaste polisiestasie aanmeld .
As 'n polisiebeampte na die misdaadtoneel uitgaan, sal hy of sy waar moontlik 'n verklaring by die klaer en getuies afneem.
Die polisiebeampte sal dan na die polisiestasie teruggaan, die saak op die SAPD se misdaadadministrasiestelsel registreer en aan die klaer 'n verwysingsnommer, bekend as 'n MAS-nommer, gee.
Die klaer moet die MAS-nommer veilig bêre as verwysingsnommer vir toekomstige navrae oor die strafsaak.
Wanneer 'n klaer die plaaslike polisiestasie besoek om 'n misdaad aan te meld, sal 'n polisiebeampte hom of haar in die gemeenskapsdienssentrum help.
Die polisiebeampte sal eers 'n onderhoud met die klaer voer en 'n verklaring afneem, en die aangemelde misdaad daarna op die MAS-stelsel registreer.
Die klaer sal dan 'n MAS-nommer kry, wat vir alle navrae oor die aangemelde strafsaak gebruik moet word.
Die voltooide dossier sal aan 'n speurder toegewys word om die saak te ondersoek. Alle navrae kan aan hierdie speurder gerig word.
Die speurder in beheer van die spesifieke saak sal die ondersoek afhandel en die dossier vir vervolging aan die betrokke hof voorlê.
Die speurder sal die klaer laat weet wanneer hy of sy die verhoor moet bywoon.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Jy sal onmiddellik gehelp word.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Die polisiebeampte wat jou verklaring afneem, sal 'n vorm invul.
Bo
Kontakbesonderhede
