Aansoek om die opsomming van gerapporteerde uitbrekings van veesiektes in Suid-Afrika
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Enigeen kan toegang verkry tot die opsomming van gerapporteerde uitbrekings van veesiektes in Suid-Afrika op die webwerf van die Departement van Landbou.
Elke maand dien staatsveeartse dwarsdeur Suid-Afrika veesiekteverslae by hulle provinsiale direkteurs van veeartsenykundige dienste in. Hierdie verslae word dan nagegaan en aan die Direktoraat Dieregesondheid in Pretoria gestuur, waar hulle in 'n databasis ingevoer word. Maandelike veesiekteverslae word met behulp van hierdie inligting saamgestel. Hierdie verslae word landswyd en internasionaal aan belangstellende partye en organisasies gestuur.
Bo
Stappe om te volg
Die inligting kan op die webwerf van die Departement van Landbou verkry word. Doen aansoek by die Senior Bestuurder: Dieregesondheid as jy ook op die verspreidingslys wil wees.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die inligting is onmiddellik op die webwerf beskikbaar.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms om in te vul nie.
Bo
Kontakbesonderhede
