Rapporteer die mishandeling van ouer persone
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens beskryf hoe om stappe te neem en 'n reddingsproses aan die gang te sit, deur die mishandeling van ouer mense te keer of stop te sit. Daar is verskillende soorte mishandeling waarvan ouer mense slagoffers word. Dit is:
Fisiese mishandeling: enige handeling wat deur fisiese middele op die besering of dood van 'n ouer persoon uitloop, byvoorbeeld klap, slaan, stamp, rof behandel, sny, gebruik van chemiese of fisiese bedwang, die toedien van verkeerde of oormatige medikasie, of enige daad wat besering, fisiese ongemak, oor-verdowing of dood veroorsaak.
Seksuele misbruik: enige handeling wat uitloop op die uitbuiting van 'n ouer persoon vir die doel van seksuele of erotiese bevrediging, sonder hul volledige medewete, begrip en toestemming.
Sielkundige, emosionele en verbale mishandeling: 'n patroon van afbrekende of vernederende gedrag teenoor 'n ouer persoon, wat uitloop op verswakte sielkundige of emosionele werking, byvoorbeeld verwerping, isolasie of verdrukking, ontneming van liefde en kognitiewe stimulasie, bespotting of die gebruik van spotname, beskuldigings en verwagtinge.
Finansiële of ekonomiese misbruik of uitbuiting: die onwettige of oneerlike gebruik van ouer persone se toelae, eiendom, waardevolle items, bates of geld, sonder hul toestemming of volle begrip of medewete van die gevolge, of onder dwang.
Verwaarlosing: om sorg en die basiese benodighede wat vir fisiese en geestelike welsyn nodig is, te weerhou of nie te verskaf nie, byvoorbeeld selfverwaarlosing, 'n gebrek aan kos, warmte, beskutting, klere, medikasie, emosionele ondersteuning en stimulasie.
Skending van menseregte : die miskenning van fundamentele regte soos respek, waardigheid, persoonlike privaatheid, vryheid van denke, geloof, mening, spraak, uitdrukking en beweging van ouer mense. 'n Voorbeeld is heksery , wat kan uitloop op stigmatisering, uitsluiting, fisieke leed en dood.
Wie kan mishandeling rapporteer?
Enigiemand wat verwaarlosing, uitbyting of slegte behandeling raaksien, of goeie rede het om te vermoed dat dit gebeur of gebeur het.
Bo
Stappe om te volg
Meld die mishandeling of vermoedelike mishandeling aan by die hoof-maatskaplike werker by die maatskaplike ontwikkelingkantoor of die polisiestasie naaste aan waar u woon.
Rapporteer andersins die mishandeling anoniem by HEAL by 0800 003 081.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Binne 48 dae na die rapportering sal die maatskaplike werker die voorval ondersoek en 'n verslag skryf.
Indien die rapporterende persoon 'n maatskaplike werker is, wat normaalweg die saak sou hanteer, moet die persoon met die ondersoek aanhou en binne vier weke 'n volledige geskrewe verslag by die maatskaplike ontwikkelingkantoor indien.
Indien die rapporterende persoon nie 'n maatskaplike werker is nie, is dit die hoof-maatskaplike werker van die maatskaplike ontwikkelingkantoor se plig om die saak op die geskikte manier te verwys en 'n verslag binne vier weke te verwag.
Indien die mishandeling 'n ouetehuis, 'n fasiliteit, 'n nie-regeringsorganisasie of 'n gemeenskapsgebasseerde organisasie betrek, moet die maatskaplike werker by die gedesentraliseerde kantoor die saak hanteer.
Indien die mishandelde persoon nie verwyder wil word nie, moet hy/sy 'n verklaring onderteken, wat aandui dat die gevolge daarvan om nie verwyder te word nie, duidelik aan hom/haar verduidelik is.
As niks van die bogenoemde van toepassing is nie, stel vas wat die persoon se wense is. Die minister van maatskaplike ontwikkeling of lid van die uitvoerende raad moet gevolglik iemand aanwys om in te gryp.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Vorms is by u naaste maatskaplike ontwikkelingkantoor beskikbaar.
Bo
Kontakbesonderhede
