Aansoek om die vervanging van 'n verlore of gesteelde bestuurslisensie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens is bedoel vir gekwalifiseerde bestuurders wat hulle bestuurslisensie verloor het. Om jou verlore of beskadigde bestuurslisensie te vervang, moet jy na jou naaste verkeerskantoor gaan.
Bo
Stappe om te volg
Gaan na jou plaaslike bestuurslisensie-toetssentrum.
Vul vorm DL1, Aansoek om 'n bestuurslisensie, by die toetssentrum in.
Neem die volgende saam:
identiteitsdokument of paspoort twee swart-en-wit ID-foto's.
Betaal die voorgeskrewe fooi.
n Oogtoets sal by die toetssentrum op jou gedoen word en jou vingerafdrukke geneem word.
Jy kan ook om 'n tydelike bestuurslisensie aansoek doen. Hiervoor moet jy 'n bykomende fooi betaal en een ekstra swart-en-wit ID-foto verskaf.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Jou nuwe bestuurslisensie behoort binne vier tot ses weke gereed te wees. 'n Tydelike bestuurslisensie word onmiddellik uitgereik.
Bo
Koste
