Terugbetaling van maatskaplike toelaes
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Indien jy 'n toelae of geld ontvang waarop jy nie geregtig is nie, sal jy aanspreeklik gehou word om dit aan die regering terug te betaal tensy die Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid tevrede is dat jy nie geweet het dat jy nie op die geld geregtig is nie. In so 'n geval moet die maatskaplike toelae verval of gekanselleer word, anders sal dit as bedrog beskou word.
Op wie is hierdie diens van toepassing?
Individue wat maatskaplike toelaes ontvang het waarop hulle nie geregtig was nie
Hoofredes vir die verstryking van maatskaplike toelaes:
Afsterwe - indien die toelae betaal is aan die persoon wat oorlede is, sal die geld van sy of haar boedel verhaal word.
Toelating tot 'n staatsinrigting.
Indien 'n toelaag vir drie agtereenvolgende maande nie opgeeis word nie.
Indien 'n persoon vir 'n aaneenlopende tydperk van ses maande of langer in die buiteland is.
Bo
Stappe om te volg
Indien jy uitvind dat jy 'n toelaag ontvang waarop jy nie geregtig is nie, moet jy jou naaste kantoor van Maatskaplike Sekerheid daarvan laat weet.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die Departement sal die verskuldigde bedrag kanselleer indien hulle tevrede is dat jy nie geweet het dat jy nie op die bedrag geregtig is nie.
Die Direkteur-generaal van die Departement kan die bedrag na goeddunke verhaal deur regstappe teen die ontvanger in te stel.
Die Direkteur-generaal van die Departement kan toelaat dat betaling vir 'n bepaalde tyd voortgaan onderhewig aan sekere voorwaardes soos bepaal deur die persoon wat die toelaag wil herstel. Jy moet binne 90 dae na die opheffing van die maatskaplike toelaag hiervoor aansoek doen.
Indien die persoon die maatskaplike toelaag wat verval het in hersiening wil neem, moet hy of sy alle inkomste ten tyde van die heraansoek verklaar. Dit sal die basis vorm vir die Departement se besluit om die toelaag te heroorweeg of nie. 'n Aansoeker sal drie maande voor die datum van heroorweging of die datum waarop die sertifikaat verstryk van die uitkoms van die aansoek in kennis gestel word.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Vorms is by jou naaste kantoor van Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid te kry.
Bo
Kontakbesonderhede
