Hernuwing van 'n bestuurslisensie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Jou kredietkaartformaat-bestuurslisensie is slegs vir vyf jaar vanaf die datum van uitreiking geldig en moet na verstryking van hierdie tydperk hernu word. Hoewel die vervaldatum op jou lisensie aangedui word, sal jy ook 'n hernuwingskennisgewing oor die pos ontvang.
Jy kan jou lisensie ter eniger tyd hernu voordat dit verval. Die nuwe lisensie sal vir vyf jaar vanaf die hernuwingsdatum geldig wees.
Bo
Stappe om te volg
Jy kan jou lisensie by enige bestuurslisensie-toetssentrum hernu, maar jy sal ook jou kaart daar moet gaan haal.
Vul aansoekvorm BL1, Aansoek om die hernuwing van bestuurslisensie, by enige bestuurslisensie-toetssentrum in.
Neem die volgende saam:
identifikasiedokument , tydelike ID, ou bestuurslisensiekaart of geldige Suid-Afrikaanse paspoort twee swart-en-wit ID-foto's aansoekfooi.
Let wel: Jy hoef nie weer 'n bestuurslisensie-eksamen af te lê niemaar moet'n oogtoets ondergaan. Indien jou visie sedert die laaste uitreiking verswak het, sal nuwe voorwaardes op jou lisensie aangebring word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Jou hernude bestuurslisensie sal binne vier tot ses weke gereed wees.
Bo
Koste
