Rehabilitasiedienste vir gestremde persone
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Rehabilitasiedienste word aan gestremde persone verskaf om hulle te help om hulle funksionele vlak te bereik en te handhaaf. Daar is vier rehabilitasiediensvlakke vir verskillende vlakke van gestremheid, naamlik:
Spesialis- en akademiese rehabilitasie
Primêre rehabilitasiedienste is voorkomende dienste wat die kliënt se selfvertroue en vermoë help bou. Dit sluit terapeutiese berading, tuisdienste, ondersteuningsgroepe, selfhelpdienste, en bewustheids- en voorspraakprogramme in.
Rehabilitasiedienste op sekondêre vlak is vroeë-intervensiedienste wat die volgende insluit: beskermde werkswinkels, dagsorg en stimulasiedienste, inkomstegenererings- en armoedeverligtingsprojekte, vroeë kindontwikkeling en verademingsdienste .
Rehabilitasiedienste op tersiêre vlak is statutêre dienste wat die volgende insluit: tuisversorgingsfasiliteite, pleegsorg- en aannemingsdienste, en rekonstruktiewe en nasorgdienste.
Dienste op spesialis- en akademiese vlak sluit mentorskap en afrigting, bemagtiging, beleids- en programontwikkeling, en navorsing in.
Bo
Stappe om te volg
Besoek jou naaste primêregesondheidsorgsentrum of -kliniek vir 'n ondersoek. Hulle sal jou na 'n hospitaal of spesialis verwys vir rehabilitasie op sekondêre of tersiêre vlak.
Bo
Regsraamwerk
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
Wet op Bejaarde Persone, 1967
Wet op Maatskaplike Bystand, 1992
Bo
Diensstandaard
Dit kan drie maande neem om jou aansoek te verwerk. Soms word mense ses maande lank op die waglys geplaas.
Bo
Koste
In sommige gevalle word 75% van die gestremdheidstoelaag gebruik om die koste te bestry. Ander koste word deur individuele inrigtings vasgestel. Ander inrigtings stel hulle koste vas volgens die bedrag wat die gesin kan bekostig. Hierdie kostes verskil almal van provinsie tot provinsie.
Bo
Vorms om in te vul
Dit hang van die rehabilitasiesentrum of primêregesondheidsorgsentrum af watter aansoekvorms ingevul moet word.
Bo
Kontakbesonderhede
