Aansoek om rehabilitasie deur 'n insolvent
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Insolvent is 'n skuldenaar wie se boedel is onder sekwestrasie . Indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is en jou huweliksmaat raak insolvent, word jy volgens die Insolvensiewet, 1936, ook insolvent.
Indien 'n insolvent nie langer as insolvent beskou wil word nie binne tien jaar nadat hy of sy insolvent verklaar is, kan daar om rehabilitasie aansoek gedoen word.
Wie kan om rehabilitasie aansoek doen?
die insolvent self die insolvent se behoorlik gemagtigde agent indien die insolvent nie in Suid-Afrika woonagtig is nie die weduwee of wewenaar van die insolvent indien hulle binne gemeenskap van goedere getroud was die vorige huweliksmaat van die insolvent indien hulle binne gemeenskap van goedere getroud was die eksekuteurs van die bestorwe boedel van 'n insolvent.
Hoe gou nadat iemand gesekwestreer is kan die insolvent om rehabilitasie aansoek doen?
Op enige tydstip:
sodra alle krediteureise en sekwestrasiekoste ten volle vereffen is of indien die insolvent 'se skikkingsaanbod deur driekwart van sy krediteure in aantal en waarde aanvaar is en die insolvent 'n betaling gemaak of sekuriteit verskaf het.
Na ses maande:
indien daar binne die eerste ses maande geen eis teen die insolvent se boedel bewys is nie en op voorwaarde dat:
dit die insolvent se eerste sekwestrasie was en die insolvent nie aan sekere oortredings skuldig bevind is nie.
Na twaalf maande vanaf die datum waarop die Meester die eerste trusteerekening van die boedel bekragtig het op voorwaarde dat:
dit die insolvent se eerste sekwestrasie was en die insolvent nie aan sekere oortredings skuldig bevind is nie.
Na drie jaar:
nadat die Meester die eerste trusteerekening van die boedel bekragtig het mits die insolvent reeds voorheen een of meer keer gesekwestreer is: maar op voorwaarde dat die insolvent nie aan sekere oortredings skuldig bevind is nie.
Na vyf jaar:
indien die insolvent nie aan sekere oortredings skuldig bevind is nie.
Na tien jaar:
na verloop van tien jaar word die insolvent as gerehabiliteer beskou - tensy 'n hof anders beslis na 'n aansoek van 'n belanghebbende persoon. Die aansoek moet ingedoen word voordat die tien jaar verstryk.
Bo
Stappe om te volg
Jy mag nie self om rehabilitasie aansoek doen nie en jy sal regshulp nodig hê.
Nader 'n prokureur of die Meester se kantoor vir meer inligting en bystand.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Bespreek die tydskaal vir die aansoek met jou prokureur.
Bo
Koste
Bespreek die koste met jou prokureur.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms om in te vul nie.
Bo
Kontakbesonderhede
Tel : 012 - 315 1207
