Aansoek om vir BTW te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Jy is verplig om vir BTW te registreer as die inkomste wat jy uit die verkoop van goedere verdien, of die gelde wat jy uit die lewering van dienste verdien, meer as R300 000 per jaar beloop, of hierdie bedrag volgens redelike verwagting sal oorskry.
Iemand kan ook vrywilliglik registreer as sy of haar omset vir 'n tydperk van twaalf maande R20 000 oorskry of dit waarskynlik sal oorskry.
Bo
Stappe om te volg
Aansoeke om sowel verpligte as vrywillige registrasie moet gedoen word op vorm BTW 101 . Jy kan hierdie vorm hieronder in van die Vorms-gedeelte aflaai of dit by jou plaaslike kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kry. Jy moet die vorm binne 21 dae vanaf die datum waarop jy vir BTW aanspreeklik geword het by jou plaaslike SAID-kantoor inhandig.
Jy moet die volgende dokumente saam met jou aansoek indien:
Dokumente wat jou identiteit bevestig:
n Gewaarmerkte kopie van die ondernemer se identiteitsdokument en die eggenoot of eggenote se ID indien hulle in gemeenskap van goed getroud is.
In die geval van regspersone soos maatskappye, beslote korporasies en trusts: die verteenwoordigende ondernemer se ID.
In die geval van 'n buitelandse onderneming: die persoonlike besonderhede van die aangewese verteenwoordiger in Suid-Afrika.
n Afskrif van die betrokke registrasiesertifikaat van die Registrateur van Maatskappye of Beslote Korporasies .
n Gewaarmerkte kopie van die stigtingsdokument indien van toepassing , of 'n briefhoof in die geval van 'n plaaslike of openbare gesag. In die geval van 'n mondelinge ooreenkoms moet jy vorm BTW 128 invul. Die statute van 'n maatskappy is nie meer nodig nie.
Ander algemene dokumente :
Die jongste bankstaat, gekanselleerde tjek of 'n brief van die bank wat jou Suid-Afrikaanse bankbesonderhede bevestig. As die bankrekening nie in die ondernemer se naam is nie, moet jy vorm BTW 119i invul.
n Aanstellingsbrief as eksterne boekhouer, rekenmeester or ouditeur indien jy Deel 7 van vorm BTW 101 ingevul het.
n Onlangse kopie van 'n munisipale rekening as bewys van jou adres.
n Bedryfsplan, uitvoerbaarheidstudie, getekende kontrakte, ooreenkoms van alleenbemarkingsreg of projeksies of ander bewys dat die waarde van belasbare voorraad waarskynlik R300 000 sal oorskry. Dit is nie nodig as jy reeds R300 000 oorskry het nie. In die geval van vrywillige registrasie moet bewys gelewer word dat die werklike omset R20 000 oorskry het.
n Handelslisensie, indien van toepassing, byvoorbeeld 'n drank- of hengellisensie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Sodra jou aansoek om registrasie ingehandig is, sal die Inkomstediens jou laat weet wat jou registrasienommer is. Jy sal ook 'n BTW-registrasiesertifikaat ontvang.
Jy sal ook in kennis gestel word as jou aansoek om registrasie afgekeur is.
Dit sal die plaaslike takkantoor ten minste 10 dae neem om jou dokumente te verwerk. Die sertifikaat sal aan die adres gepos word wat jy op jou registrasieaansoek verstrek het en jy behoort dit binne twee weke nadat jou aansoek verwerk is, te ontvang. Werknemers van die SAID mag jou BTW-nommer nie mondelings aan jou verstrek nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
