Aansoek om registrasie vir dieselbrandstofterugbetalings
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Enige onderneming wat kwalifiserende aktiwiteite bedryf en wat ingevolge die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, 1991 vir BTW geregistreer is - hetsy verpligtend of vrywilliglik - mag om registrasie van dieselbrandstofterugbetaling aansoek doen deur 'n BTW 101D-vorm in te vul.
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou naaste kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in verbinding om 'n aansoekvorm te kry. Jy kan ook die vorm Aansoek om registrasie vir dieselbrandstof-terugbetaling, BTW 101D aflaai en dit invul, of aanlyn registreer.
Geregistreerde ondernemers moet hulle BTW-registrasienommer invul. Aansoekers wat nie vir BTW geregistreer is nie, moet 'n BTW 101-vorm invul sodat hulle 'n BTW-nommer kan ontvang voordat hulle vir registrasie by die Dieselterugbetalingstelsel aansoek kan doen.
Die datum van aanspreeklikheid kan nie vóór 4 Julie 2004 wees nie. Die datum van aanspreeklikheid vir nuwe registrasies sal die datum wees waarop die aansoeker aanspreeklik word om vir BTW te registreer.
Die dieselterugbetaling sal per elektroniese bankoorplasing in 'n gespesifiseerde bankrekening inbetaal word. Geen tjeks sal uitgereik word nie. Die bankbesonderhede wat op die BTW 101D-vorm aangegee word, sal die bestaande bankbesonderhede in die BTW-stelsel vervang, indien dit van mekaar verskil.
Laat die SAID weet as jou bankbesonderhede enigsins verander.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk vir registrasie nie.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Registreer aanlyn of laai die vorm, Aansoek om registrasie vir dieselbrandstof-terugbetaling, BTW 101D af en vul dit in.
Bo
Kontakbesonderhede
