Aansoek om 'n patent te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Patent is 'n eksklusiewe reg wat aan 'n uitvindsel toegestaan word. So 'n uitvindsel moet 'n proses of produk wees wat 'n nuwe manier bied om iets te doen, of wat 'n tegniese oplossing tot so 'n probleem bied.
Die patent bied beskerming aan die eienaar van die uitvindsel. Die beskerming word vir 'n beperkte tyd verleen; gewoonlik 20 jaar. Patentbeskerming beteken dat die uitvindsel nie kommersieel vervaardig, gebruik, versprei of verkoop mag word sonder die eienaar se toestemming nie.
Kry meer inligting by die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom .
Bo
Stappe om te volg
Nader die patenteregistrateur by die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom .
Kry die vereiste aansoekvorms by die kantoor van die patenteregistrateur.
Vul die vorms in en dien hulle by die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom in. Dien 'n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument in.
Dien 'n voorlopige aanvraag op die voorgeskrewe vorm in - die aansoeker kan dit met of sonder die hulp van 'n prokureur doen.
Dien 'n volledige aanvraag in - dit moet deur 'n patenteprokureur gedoen word.
Dien 'n aanvraag ingevolge die Patentesamewerkingsooreenkoms in.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit neem ongeveer twee maande om 'n voorlopige patent te verleen.
Dit neem ongeveer ses maande om 'n volledige patent te verleen.
Bo
Koste
R60 vir 'n voorlopige patent
R266 vir 'n volledige patent
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
