Aansoek om die registrasie van 'n landboumiddel
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Alle landboumiddels wat na Suid-Afrika ingevoer, of in Suid-Afrika vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet by die Registrateur, Wet 36 van 1947 geregistreer wees. Landboumiddels sluit plaagdoders, insekdoders, swamdoders, onkruiddoders, plantgroeireguleerders, ontblaarders, uitdroogmiddels en peulgewas-entstowwe in.
n Buitelandse maatskappy mag nie om registrasie in Suid-Afrika aansoek doen nie. Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n regsliggaam wat in Suid-Afrika geregistreer is, mag om die registrasie van 'n landboumiddel aansoek doen.
Die Registrateur, Wet 36 van 1947 moet skriftelik in kennis gestel word van die voorneme om dié proewe te doen wat vir die registrasie van 'n landboumiddel nodig is, sodat hy of sy die middel se uitwerking kan bestudeer.
Die Registrateur mag verdere inligting aanvra om vas te stel of die middel aanvaarbaar is met inagneming van die openbare belang, sy geskiktheid en biologiese doeltreffendheid.
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese aansoekvorm af en vul dit volledig in. Waar nodig, kan die gevraagde inligting as afsonderlike, genommerde bylaes ingedien word.
Dien die volgende by die registrateur in:
die aansoekvorm, in drievoud, met 'n verduidelikende dekbrief daarby die konsepetiket, in drievoud die voorgeskrewe registrasiefooi een afskrif van die ondersteunende studies . Raadpleeg die beleidsdokument vir die registrasieprosedure van landboumiddels , die riglyne vir die toksikologiese evaluering van mikrobiese plaagbeheermiddels , die dokument oor resteproefdatavereistes en die riiglyne oor die gelykwaardigheid van landboumiddels vir inligting oor die vereistes
Lys I en Lys II word gebruik as kontrolelyste en as 'n indeks om seker te maak dat die aansoeker al die data wat ter sake is, verskaf het.
As die middel ingevoer moet word, moet jy die volgende inligting verstrek:
plek van binnekoms dosis proefprotokol plek waar proewe sal plaasvind aktiewe bestanddele enige ander inligting wat die Registrateur mag aanvra hoeveelheid wat ingevoer gaan word.
Onvolledige aansoeke sal aan die aansoeker terugbesorg word, en daar sal geen verantwoordelikheid vir enige ongerief aanvaar word nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die beoordeling van 'n nuwe aktiewe bestanddeel kan tot een jaar lank duur. Aansoeke om nuwe eindgebruike van formulerings word gewoonlik binne ses maande verwerk.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Die kantoor van die Registrateur stuur jaarliks hernuwingsbriewe en aansoekvorms aan alle registrasiehouers.
Bo
Kontakbesonderhede
