Bykomende vereistes vir registrasie op die gebied van Omgewingswetenskap
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die groot verskeidenheid kwalifikasies in die omgewingswetenskap wat veral deesdae deur universiteite aangebied word maak dit feitlik onmoontlik om een enkele kwalifikasie in hierdie multidissiplinêre wetenskap te evalueer. Dit is dus noodsaaklik om eers te bepaal of persoon as wetenskaplike kwalifiseer op hierdie 'generies' gebiede. Dit beteken dat iemand as chemikus, botanikus of in enige ander veld in die natuurwetenskappe opgelei moet wees en aan al die vereistes ten opsigte van kwalifikasies moet voldoen om vir registrasie op die gebied van die Omgewingswetenskap in aanmerking te kom. Dit beteken nie dubbele registrasie nie.
Diegene wat as omgewingswetenskaplikes wil werk moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies registreer.
Iemand wat as Professionele Natuurwetenskaplike op die gebied van die Forensiese Wetenskap wil registreer moet oor 'n vierjarige B.Sc., B.Sc.Hons. of B.Tech. in die natuurwetenskappe beskik.
So 'n kwalifikasie:
moet buiten omgewingswetenskap minstens 'n ander vak uit die praktykveld insluit soos aangedui in Artikel 1 van die Wet op Natuurwetenskaplike Professies, 2003
moes dit vir minstens vier jaar lank omvattend bestudeer het moet op minstens twee van die toepaslike vlak-1 basiese natuurwetenskaplike vakke soos fisika, chemie, wiskunde en/of biologie gebaseer wees.
Minstens 50% van die vakke in die program moet as natuurwetenskapvakke geklassifiseer wees.
Afgesien van bogenoemde moet diegene wat op die gebied van die Omgewingswetenskap wil registreer bewys kan lewer van opleiding in Omgewingsbestuur . Dit kon deel vorm van jou vierjarige graad of as geakkrediteerde kortkursusse.
Jy moet bewese rekord hê van werk op die gebied van die omgewingswetenskap asook van navorsing. Jy moet ook in die breë doen wat omgewingspraktisyns doen.Omgewingsfasiliteerders wat reeds aantal kursusse in omgewingsbestuur voltooi het maar nie oor die vereiste opleiding in die natuurwetenskap beskik nie, byvoorbeeld stadsbeplanners, sosioloë, ekonome en aardrykskundiges met B.A. grade, kom nie in aanmerking vir registrasie as professionele natuurwetenskaplikes nie. Diesulke omgewingsfasiliteerders moet mense met opleiding in die natuurwetenskappe in hulle spanne hê.
Aansoekers moet bewys kan lewer van hulle betrokkenheid by minstens twee of meer projekte. Voltooide projekte sal oorweeg word mits dit baie duidelik bewyse verskaf van persoonlike betrokkenheid. Registrasie deur die Environmental Assessment Practitioners of South Africa sal as voldoende bewys van bogenoemde beskou word. Daarbenewens word inligting verlang van konferensies bygewoon, wetenskaplike skryfwerk en publikasies.
Die betrokke komitee van die SARNAP Professionele Adviserende Komitee sal 'n paneel van minstens twee mense aanwys om persoonlike onderhoud met jou te voer.
Die betrokke PAK moet alle aansoeke evalueer voordat SARNAP se Registrasiekomitee dit goedkeur en die volle Raad dit bekragtig.
Die uitslag van die evaluering sal eers na afloop van die Raadsvergadering bekendgemaak word.
Die Raad mag onder die volgende omstandighede weier om aansoeker te registreer:
indien die aansoeker sedert die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, in die Republiek of elders aan 'n misdryf skuldig bevind is en tot 'n tydperk van meer as drie maande of 'n gelykwaardige boete gevonnis is.
indien die Hoërhof bevind het dat die aansoeker geestelik versteurd is of aan geestesafwyking ly, of indien hy of sy ingevolge die Wet op Geestesgesondheid, 2002 aangehou is.
indien die registrasie van die aansoeker opgeskort is as gevolg van enige straf wat hy of sy ingevolge hierdie Wet opgelê is.
indien die aansoeker weens onbehoorlike gedrag uit 'n vertrouensposisie ontslaan is.
indien die aansoeker 'n ongerehabiliteerde insolvent is wie se insolvensie die gevolg is van nalatigheid of onbevoegdheid in die uitvoering van werk op dieselfde gebied as die kategorie waarvoor hy of sy aansoek doen.
Die Raad sal jou skriftelik in kennis stel indien jou aansoek om registrasie nie geslaag het nie.
Jy mag binne 30 dae van so Raadsbesluit appèl aanteken.
Jy moet minstens drie maande voor die verstryking van jou registrasie om hernuwing daarvan aansoek doen.
Professionele Natuurwetenskaplike
Kandidaat Natuurwetenskaplike
Gesertifiseerde Natuurwetenskaplike
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm in wat by die Raad beskikbaar is.
Sluit die voorgeskrewe registrasiefooi by jou aansoek in.
Die Raad sal jou registreer en 'n registrasiesertifikaat uitreik mits dit tevrede is dat jy oor al die betrokke akademiese kwalifikasies en ondervinding beskik soos die Raad bepaal.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die registrasie kan ses tot agt weke duur afhangende van die indiening van die vereiste dokumentasie.
Bo
Koste
Vir elektroniese bank en regstreekse deposito's: Gebruik asseblief voorletters en van om jou betaling op ons bankstaat te identifiseer en faks die betalingsbewys asook die eerste bladsy van jou aansoekvorm aan 012 841 1057.
Bankbesonderhede:
Takkode: 164445
Rekeningnommer: 1644292289
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
