Aansoek om as intekenaar by die Internetgebaseerde registrasie-inligtingstelsel te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Enige lid van die publiek kan inligting by die registrasiekantoor bekom. Gebruikers van DeedsWeb kan die volgende inligting aanlyn bekom:
Inligting oor registrasie van vaste eiendom, soos:
name, identiteitsbesonderhede en huwelikstatus van geregistreerde eienaars getal interdikte wat teen persone en eiendom opgeteken is besonderhede van eiendomsoordrag, insluitende datum van registrasie en koopprys besonderhede van verbande, insluitende die name van verbandhouers en die hoofsomme.
Elektroniese afskrifte van aktes en dokumente op mikrofilm.
Om toegang tot al hierdie opsies te verkry, moet jy 'n geregistreerde gebruiker van DeedsWeb wees aangesien voorgeskrewe fooie betaalbaar is. Die lys van fooie soos die Registrasie van Aktes Wet, 1937 bepaal is op die webwerf te kry.
Bo
Stappe om te volg
Kies "Registreer as nuwe gebruiker" deur op die opsie te kliek. 'n Nuwe bladsy met die registrasievorm sal op jou skerm oopmaak.
Vul die registrasievorm aanlyn in.
Klik op "Dien jou aansoek in" wanneer jy tevrede is dat jy die vorm korrek ingevul het. `n Gebruikersnaam sal aan jou toegewys word.
Dit sal ook jou rekeningnommer vir alle finansiële transaksies wees. Jy sal ook 'n wagwoord ontvang , wat jy so gou moontlik na ontvangs moet verander.
Betaal die registrasiefooi. Bankinstruksies en -besonderhede verskyn op die webwerf.
Sodra jy die registrasiefooi in die bankrekening van die Hoofregistrateur van Aktes inbetaal het, moet jy die kantoor van die Hoofregistrateur skakel en hulle meedeel dat jy betaal het. Die kontaknommer verskyn op die webwerf.
die kantoor van die Hoofregistrateur sal jou rekening aktiveer, en dan sal jy in staat wees om inligting via die webwerf te bekom jy sal aan die einde van elke maand `n staat ontvang. Hierdie staat is ook op die webwerf beskikbaar sodat jy die koste-inskrywings kan nagaan en om jou te herinner om die rekening te betaal.
Bo
Regsraamwerk
Registrasie van Aktes Wet, 1937
Bo
Diensstandaard
Sodra jy geregistreer is, het jy onmiddellik toegang tot die inligting.
Bo
Koste
Registrasiefooi: R240
Administrasiefooi per maand: R10
Soektogte: van 'n minimum van R1 tot 'n maksimum van R3, volgens 'n glyskaal na gelang van die getal soektogte per maand
Onsuksesvolle soektog: R1
Heraansluitingsfooi indien rekening agterstallig is en na 30 dae opgeskort word: R80
Bo
Vorms om in te vul
Registreer aanlyn.
Bo
Kontakbesonderhede
