Aansoek om as professionele natuurwetenskaplike te registreer op die gebied van Forensiese Wetenskap
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Individue wat as natuurwetenskaplikes wil praktiseer moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies registreer. Die Raad streef daarna om:
die beoefening van natuurwetenskaplike professies in Suid-Afrika te bevorder beheer uit te oefen oor die standaard of professionele gedrag van professionele natuurwetenskaplikes, kandidaat natuurwetenskaplikes en/of gesertifiseerde natuurwetenskaplikes die standaard van onderwys en opleiding te monitor, en om erkenning te verleen aan onderwys en opleiding wat 'n voorvereiste is vir registrasie ooreenkomstig die Academy of Science of South Africa Act, 2001.
Diegene wat nie geregistreer is nie mag nie werk doen wat vir geregistreerde mense bedoel is nie.
Hoekom moet jy registreer?
Om professionele werk te onderneem.
Om die amptelike benaming en titel 'natuurwetenskaplike' te gebruik of om die voorgeskrewe afkorting agteraan jou naam te skryf
Om as konsultant op te tree.
Om professionele status te geniet en om te deel in die voordele wat finansiële instellings bied.
Om die ondersteuning van SARNAP te geniet as onbevooroordeelde waarborg van bevoegdheid.
Om jou beroep te beskerm en uit te bou.
Om vir registrasie oorweeg te word om op die gebied van die Forensiese Wetenskap te praktiseer, moet die volgende vereistes nagekom word:
Iemand wat as 'n Professionele Natuurwetenskaplike op die gebied van die Forensiese Wetenskap wil registreer moet oor 'n vierjarige B.Sc., B.Sc.Hons. of B.Tech. in die natuurwetenskappe beskik.
So 'n kwalifikasie moet minstens een vak uit die praktykveld insluit soos aangedui in Artikel 1 van die Wet op Natuurwetenskaplike Professies, 2003 , en moes dit vir minstens vier jaar lank omvattend bestudeer het;
moet op minstens twee van die toepaslike vlak-1 basiese natuurwetenskaplike vakke soos fisika, chemie, wiskunde en/of biologie gebaseer wees, en minstens 50% van die vakke in die program moet as natuurwetenskapvakke geklassifiseer wees.
Bykomende opleiding:
Jy moet bewys kan lewer van opleiding in die Forensiese Wetenskap of Ondersoeke, byvoorbeeld dokumentondersoek, gereedskapsmerkondersoek, vervolgingsondersoek, regs- en hofprosedure, spesialisgetuienis, of ander geakkrediteerde kortkursusse.
Jy moet 'n bewese rekord hê in werk wat verband hou met die forensiese wetenskap en navorsing.
Die praktisyn in forensiese wetenskap moet grondige kennis van programme in forensiese kursuswerk hê. 'n Forensiese wetenskaplike-in-opleiding ontwikkel 'n begrip van die kennisrigtings wat noodsaaklik is vir die Forensiese Wetenskap en verkry so vaardighede en ondervinding in die toepassing van die volgende basiese forensiese 'negrippe:
kennis van probleemoplossing getuienis in hofsake inleiding tot die reg gehalteversekering etiek professionele praktyk identifisering, insameling en ontleding van getuienis vaardighede met probleemoplossing op wetenskaplike gebied en in die laboratorium toepassing van die wetenskap in die regsprosesse forensiese-ondersoektegnieke misdaadtoneelondersoek aspekte van fisiese getuienis analitiese chemie en instrumentele analisestelsels dwelms, chemiese toksikologie, mikroskopie en ontleding van material forensiese biologie
Werksondervinding
Vuurwapens:
ondersoek en klassifisering van wapens/ammunisi verbind die wapen met die misdaad, besoek misdaadtonele en ontleed die moontlikheid van forensiese getuienis
Ongeluksondersoek:
egniese steun in die ondersoek van padongelukke, rekonstruksie van gebeure wat tot 'n ongeluk gelei het, uitvoerige ondersoek van voertuigkomponente, 'n mate van kennis van voertuigtegnologie.
Die bestudering van ondervragingsdokumente - handskrifidentifikasie
Afkamp van die toneel en herwinning van getuienis
Bepaal die waarde van getuienis
Wetenskaplike beskrywing
Navorsing in forensiese aangeleenthede
Ondervinding in 'n laboratoriumomgewing
Analise gebaseer op biologie en chemie
Besoek misdaadtoneel in 'n toesighoudende hoedanigheid
Verantwoordelik vir toesighouding in die laboratorium met die ondersoek van kontakmateriaal van die misdaad
Ontledings- biologie, chemie, dwelms en toksikologie
Onpartydige wetenskaplike getuienis in geregshowe om die staat of die verdediging by te staan in kriminele ondersoeke
Fotografie .
Professionele Natuurwetenskaplike
Kandidaat Natuurwetenskaplike
Gesertifiseerde Natuurwetenskaplike
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n aansoekvorm in wat by die Raad beskikbaar is.
Sluit die voorgeskrewe registrasiefooi by jou aansoek in.
Die Raad sal jou registreer en 'n registrasiesertifikaat uitreik mits dit tevrede is dat jy oor al die betrokke akademiese kwalifikasies en ondervinding beskik soos die Raad bepaal.
Die betrokke komitee van die SARNAP Professionele Adviserende Komitee sal 'n paneel van minstens twee mense aanwys om 'n persoonlike onderhoud met jou te voer.
Die betrokke PAK moet alle aansoeke evalueer voordat SARNAP se Registrasiekomitee dit goedkeur en die volle Raad dit bekragtig.
Die uitslag van die evaluering sal eers na afloop van die Raadsvergadering bekendgemaak word.
Die Raad mag onder die volgende omstandighede weier om 'n aansoeker te registreer:
Indien die aansoeker sedert die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, in die Republiek of elders aan 'n misdryf skuldig bevind is en tot 'n tydperk van meer as drie maande of 'n gelykwaardige boete gevonnis is.
Indien die Hoërhof bevind het dat die aansoeker geestelik versteurd is of aan 'n geestesafwyking ly, of indien hy of sy ingevolge die Mental Health Act, 2002 aangehou is.
Indien die registrasie van die aansoeker opgeskort is as gevolg van enige straf wat hy of sy ingevolge hierdie Wet opgelê is.
Indien die aansoeker weens onbehoorlike gedrag uit 'n vertrouensposisie ontslaan is.
Indien die aansoeker 'n ongerehabiliteerde insolvent is wie se insolvensie die gevolg is van nalatigheid of onbevoegdheid in die uitvoering van werk op dieselfde gebied as die kategorie waarvoor hy of sy aansoek doen.
Die Raad sal jou skriftelik in kennis stel indien jou aansoek om registrasie nie geslaag het nie.
Jy mag binne 30 dae van so 'n Raadsbesluit appèl aanteken.
Jy moet minstens drie maande voor die verstryking van jou registrasie om hernuwing daarvan aansoek doen.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die registrasie kan ses tot agt weke duur afhangende van die indiening van die vereiste dokumentasie.
Bo
Koste
Vir elektroniese bank en regstreekse deposito's: Gebruik asseblief voorletters en van om jou betaling op ons bankstaat te identifiseer en faks betalingsbewys asook die eerste bladsy van jou aansoekvorm aan 841 1057.
Bankbesonderhede:
Begunstigde: SA Raad vir Natuurwetenskaplike Professies
Takkode: 164445
Rekeningnommer: 1644292289
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies
