Aansoek om vir waterverbruik te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Alle watergebruikers wat nie hulle water van 'n diensverskaffer, plaaslike owerheid, waterraad, besproeiingsraad, regeringswaterskema of ander grootmaatverskaffer ontvang nie, moet hulle waterverbruik by die Departement van Waterwese en Bosbou registreer. Hierdie verbruikers moet water gebruik vir besproeiing mynboudoeleindes nywerheidsgebruik voerkrale enige ander gebruik soos aangedui in die algemene magtiging ingevolge Artikel 39 van die Nasionale Waterwet, 1998.
Ander gebruike vir water wat geregistreer moet word, sluit in:
storting van afval of water wat afval bevat herleiding van riviere en strome of veranderings aan beddings of walle of eienskappe van 'n waterroete.
Opgaar - enige persoon of instansie wat water vir enige doel opgaar , afloop, grondwater of fonteinvloei van meer as 10 000 kubieke meter of indien die watergebied 1 hektaar oorskry op grond wat besit of bewoon word deur daardie persoon of liggaam wat nie 'n permit of toestemming het nie.
Stroomvloeivermindering - alle bebossing vir kommersiële doeleindes, insluitende gemeenskapsbosbou vir kommersiële gewin wat van voor 1972 af bedryf word, moet geregistreer word. Boseienaars met permitte ingevolge die Forestry Act, 1998 hoef nie weer te registreer nie aangesien die Departement ingevulde registrasiedokumente vir hulle sal aanstuur. Hierdie dokumente moet gewysig word indien nodig, en onderteken word voordat dit na die Departement teruggestuur word.
Enige verbruik deur plaaslike owerhede en ander grootmaatverbruikers met hulle eie waterbronne en suiweringswerke.
Beheerde aktiwiteite soos besproeiing met afvalwater, kragopwekking met behulp van water, atmosferiese wysiging of kunsmatige aanvulling van 'n waterdraer.
Bo
Stappe om te volg
Bepaal die korrekte waterverbruik.
Tree met jou naaste streekskantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou in verbinding.
Vul die nodige vorms in. 'n Streeksbeampte sal jou daarmee help.
Dien jou vorms by die naaste streekskantoor van die DWB in saam met die volgende dokumente:
die aansoeker se besonderhede die eiendom waar die waterverbruik plaasvind die eienaar van die eiendom se besonderhede n verklaring deur die aansoeker n verklaring deur die eienaar van die eiendom inligting vir rekeninge n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument n gewaarmerkte afskrif van die transportakte n gewaarmerkte afskrif van die huurooreenkoms nakoming van alle vereistes vir die verskillende dienste waarvoor aansoek gedoen word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die registrasieproses duur een maand lank.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Aansoekvorms is by die streekskantoor van die DWB te kry.
Bo
Kontakbesonderhede
