Registreer om te mag stem
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Om in die nasionale, provinsiale of munisipale verkiesing te mag stem, moet jy in die kiesafdeling waar jy woon, registreer. Dit is veral vir die munisipale verkiesing belangrik, aangesien jy slegs in die kiesafdeling waar jy geregistreer is, mag stem. Sodra jy geregistreer het en jou besonderhede in die bevolkingsregister nagegaan is, sal jou naam op die nasionale gemeenskaplike kieserslys geplaas word.
Om te mag registreer, moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger wees minstens 16 jaar oud wees oor 'n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument beskik.
Die kiesersrol vir 'n verkiesing sluit op die dag waarop die verkiesingsdatum vir daardie spesifieke verkiesing in die Staatskoerant geproklameer is.
Bo
Stappe om te volg
Gaan registreer tydens die algemene registrasie van kiesers persoonlik by die stempunt in die kiesafdeling waar jy woon.
Registreer enige tyd gedurende werksure by jou plaaslike Onafhanklike Verkiesingskommissie .
Neem jou ID saam.
Vul die betrokke aansoekvorm in.
Die registrasiebeampte sal 'n plakker met die kiesafdeling se nommer in jou ID-boekie plak.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Jou aansoek om registrasie sal dadelik verwerk word.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Vorms is by registrasiekantore te kry.
Bo
Kontakbesonderhede
