Aansoek om registrasie van grond vir die aanhou van buffels
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Persone wat buffels wil aanhou, moet eers hulle grond by die Departement van Landbou registreer.
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese vorm af en vul dit in drukskrif in. Die vorm is ook by die plaaslike staatsveearts te kry.
Vra die plaaslike staatsveearts om die grond en heinings te inspekteer en die siektestatus van die buffels te bevestig.
Die hoof van veeartsenydienste in die provinsie moet getuig dat daar genoeg hulpbronne beskikbaar is om toestande op die plaas op 'n gereelde basis te kontroleer, dat alle beweging van buffels na die plaas toe en van die plaas af toepaslik hanteer kan word dat dit moontlik sal wees om ongerymdhede dadelik op te volg.
Heg die volgende by die aansoek aan:
n Amptelike sertifikaat van voldoende omheining, wat deur die natuurbewaringsowerheid uitgereik n Kopie van 'n kaart wat die presiese omvang van die grond waarvoor aansoek gedoen word, aandui.
Dien die aansoek in by: Die Senior Bestuurder: Dieregesondheid, Faks: 012 329 0499
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die tydsduur vir die goedkeuring van 'n aansoek verskil van provinsie tot provinsie. Sodra die aansoek goedgekeur is, word dit na die nasionale Departement van Landbou gestuur.
Amptenare by die nasionale departement ken 'n amptelike registrasienommer toe, teken die inligting in die nasionale buffelregister aan en druk 'n registrasiesertifikaat vir die grondeienaar. Hierdie proses kan tien werksdae duur.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
