Aansoek om as 'n organisasie sonder winsoogmerk te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Organisasies sonder winsoogmerk is maatskappye wat geregistreer is om dienste te lewer of om gemeenskapsbelange te bevorder. Hulle doel is nie om wins te maak of op grond van hulle wins beoordeel te word nie. Die meeste nieregeringsorganisasies , godsdienstige en welsynsorganisasies val in hierdie kategorie.
Organisasies sonder winsoogmerk lewer gewoonlik dienste aan verskeie gemeenskappe. Hulle is byvoorbeeld betrokke by voedingskemas vir kinders, die versorging van vigswesies, of is godsdienstige organisasies. Indien geld oorbly nadat hulle bedryfskoste betaal is, gebruik hulle dit om hulle dienste uit te brei.
Hierdie organisasies word dikwels deur donasies van plaaslike en buitelandse organisasies befonds, en hulle is ingevolge Artikel 21 van die Maatskappywet, 1973 geregistreer. 'n Artikel 21-maatskappy moet minstens sewe lede en minstens twee direkteure hê.
Omdat die registrasie van 'n organisasie sonder winsoogmerk ingewikkeld is, word aanbeveel dat 'n prokureur se dienste daarvoor bekom moet word. Die akte van oprigting en statute van 'n maatskappy moet saamgestel en aangepas word vir 'n maatskappy sonder aandelekapitaal en deur 'n notaris, wat 'n professionele regspraktisyn is, gesertifiseer word.
Kry meer inligting by die Departement van Handel en Nywerheid.
Stappe om te volg
Tree met die Departement van Handel en Nywerheid in verbinding.
Vul die stel aansoekvorms in wat by die Departement van Handel en Nywerheid te kry is.
Regsraamwerk
Maatskappywet, 1973
Wet op Maatskappyname, 1960
Diensstandaard
Dit sal ongeveer vyf dae neem om jou aansoek te verwerk.
Koste
Akte van oprigting en statute: R350
Reservering van naam: R50
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
