Registrasie van 'n bestuurslisensietoetssentrum
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Aansoek om die registrasie van 'n bestuurslisensietoetssentrum moet op die voorgeskrewe vorm ingedien word. 'n Verteenwoordiger van die bestuur en die bestuurslisensietoetsbeamptes se name moet op hierdie vorm verstrek word.
Die Lid van die Uitvoerende Raad vir Vervoer in die provinsie waarin aansoek gedoen word, sal inspekteurs stuur om die fasiliteite te inspekteer en om aan te beveel watter gradering aan daardie bestuurslisensietoetssentrum toegeken moet word.
Indien die LUR tevrede is met die evaluering, sal hy of sy die bestuurslisensietoetssentrum gradeer, die besonderhede van die sentrum in die register van bestuurslisensietoetssentrums aanteken, en 'n registrasiesertifikaat aan die aansoeker uitreik.
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou provinsiale Departement van Vervoer in verbinding.
Dien die volgende dokumente in:
identiteitsdkumente van die bestuurslisensietoetssentrum se bestuurslede n besigheidsregistrasiesertifikaat.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan ses maande neem om 'n sentrum te registreer.
Bo
Koste
