Aansoek om registrasie van 'n motorvoertuigtoetsstasie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Motorvoertuigtoetsstasie is 'n sentrum wat motorvoertuie toets en padwaardigheidsertifikate uitreik. Daar is sowel private as openbare motorvoertuigtoetsstasies. Alle motorvoertuigtoetsstasies moet geregistreer en gegradeer word voor hulle padwaardigheidsertifikate mag uitreik. By ontvangs van 'n aansoek sal die provinsiale Departement van Vervoer 'n inspekteur stuur om die betrokke toetsstasie te evalueer om vas te stel of dit voldoen aan die peil van tegniese bekwaamheid wat in fyn besonderhede in die SABS se Praktykkode uiteengesit is.
Tegniese bekwaamheid verwys na die fasiliteite wat by die toetsstasie gebruik gaan word en die opleiding wat die mense ondergaan het wat die motorvoertuie gaan ondersoek.
Geregistreerde toetsstasies mag motorvoertuie slegs ondersoek en toets in ooreenstemming met die gradering wat hulle behaal het.
As jy 'n privaat motorvoertuigtoetsstasie wil registreer, kan jy meer inligting by jou naaste registrasieowerheid bekom.
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n aansoekvorm by jou naaste plaaslike verkeerskantoor in.
Dien 'n aanvaarbare identiteitsdokument van die aansoeker en die verteenwoordiger van die bestuur in.
Dien enige ander dokumente in wat deur die LUR vereis word.
Betaal die verskuldigde fooi.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan ses maande duur om die registrasie af te handel.
Bo
Koste
