Aansoek om 'n handelsmerk te registreer
Beskrywing n Handelsmerk is 'n handelsnaam, 'n slagspreuk of 'n logo. Dit identifiseer die dienste of produkte van een persoon en maak hulle onderskeibaar van die dienste of goedere van 'n ander. Voorbeelde hiervan is:
n Handelsnaam: Standard Bank n Slagspreuk: "Makliker Beter Vinniger"
n Spesifieke fatsoen: Die Coca-Cola-bottel n Handelsnaam is dus 'n woord of 'n kombinasie van woorde . 'n Slagspreuk is 'n kort frase of 'n sin, en 'n logo is 'n onderskeibare prent of simbool. Dit verskaf 'n eiesoortige, onderskeibare identiteit in die mark en kan op produkte én dienste van toepassing wees.
Sodra 'n handelsmerk geregistreer is, mag niemand anders hierdie handelsmerk of 'n soortgelyke een gebruik nie. Indien dit wel gebeur, kan dit tot regsoptrede aanleiding gee. Daar was al opsienbarende hofsake hieroor in Suid-Afrika, soos toe die Amerikaanse kitskosgroep MacDonalds 'n Suid-Afrikaanse kitskosonderneming gedagvaar het omdat hy 'n "M" soortgelyk aan MacDonalds s'n gebruik het.
Kry meer inligting by die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom .
Stappe om te volg
Tree met die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom in verbinding.
Kry vorm TM1 en vul dit in drievoud in. Twee afskrifte is vir kantoorgebruik, en die derde een moet jy bewaar as jou bewys dat jy aansoek gedoen het.
Betaal die registrasiefooi vooruit of wanneer jy jou aansoek indien.
Om te bepaal in watter klasgroep jou goedere of dienste ingedeel word, raadpleeg Nice Classification - 8th edition of besoek ons kantoor in Pretoria.
Vul die klasgroep in veld 51 van vorm TM1 in.
Sleutel in veld 57 van vorm TM1 'n volledige lys in van al die goedere of dienste waarvoor jy die handelsmerk wil gebruik.
Maak doodseker dat jy nie goedere of dienste wat in verskillende klasse val in een enkele aansoek om 'n handelsmerk ingesluit nie. As jy dit doen, sal jy jou aansoek eers moet wysig om slegs die produkte of dienste in te sluit wat in daardie klas val. Vir die goedere of dienste wat in 'n ander klas val, sal jy dan opnuut 'n afsonderlike aansoek moet indien.
Vul in veld 74 op vorm TM1 die adres in waarby jy alle mededelings van die Handelsmerkkantoor wil ontvang. Indien hierdie adres verander, moet jy die Departement dadelik laat weet deur die veld "Wysiging van adres vir diens"/"A change of address for service" op vorm TM2 in te vul.
Sodra jou aansoek aan al die formele vereistes voldoen, sal 'n aansoekdatum en -nommer Engels: application number aan jou toegewys word. Alle verdere korrespondensie met die kantoor moet daardie nommer bevat. Ofskoon dit 18 maande neem om 'n handelsmerk te registreer, mag jy jou aansoeknommer gebruik sodra jy hom ontvang.
Indien jou handelsmerk onvoorwaardelik aanvaar word, moet jy dit adverteer in die Patentejoernaal, wat maandeliks deur die Staatsdrukker uitgegee word.
Daarna word die publiek drie maande kans gegee om beswaar aan te teken.
Indien 'n beswaar ontvang word, sal die Registrateur van Handelsmerke 'n beregtigingsverhoor reël waarby die aansoeker en die beswaarmaker teenwoordig moet wees.
Indien daar geen besware is nie, word 'n handelsmerkregistrasiesertifikaat uitgereik.
Skakel die Departement van Handel en Nywerheid se Kliëntesorgsentrum by 0861 84 33 84.
Betaal by die bank in, en vermeld jou klantkode.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Dit kan tot twee jaar duur om die handelsmerkregistrasie af te handel.
Koste
R85 vir die opsoek van bestaande handelsmerke
R266 per handelsmerkklas
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
