Aansoek om as 'n professionele natuurwetenskaplike te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Individue wat as natuurwetenskaplikes wil praktiseer moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies registreer. Die Raad streef daarna om die beoefening van natuurwetenskaplike professies in Suid-Afrika te bevorder beheer uit te oefen oor die standaard of professionele gedrag van professionele natuurwetenskaplikes, kandidaat natuurwetenskaplikes en/of gesertifiseerde natuurwetenskaplikes die standaard van onderwys en opleiding te monitor, en erkenning te verleen aan onderwys en opleiding wat 'n voorvereiste is vir registrasie ooreenkomstig die Academy of Science of South Africa Act, 2001 .
Diegene wat nie geregistreer is nie mag nie werk doen wat vir geregistreerde mense bedoel is nie.
Hoekom moet jy registreer?
om professionele werk te onderneem.
om die amptelike benaming en titel 'natuurwetenskaplike' te gebruik of om die voorgeskrewe afkorting agteraan jou naam te skryf om as konsultant op te tree.
om professionele status te geniet en om te deel in die voordele wat finansiële instellings bied.
om die ondersteuning van SARNAP te geniet as onbevooroordeelde waarborg van bevoegdheid.
om jou beroep te beskerm en uit te bou.
Wat is die vereistes vir registrasie?
vir registrasie as 'n professionele natuurwetenskaplike - 'n vierjarige graad of diploma en drie jaar ondervinding vir registrasie as 'n kandidaat natuurwetenskaplike - 'n vierjarige graad of diploma en geen ondervinding nie vir registrasie as 'n gesertifiseerde natuurwetenskaplike - 'n driejarige graad of diploma en een jaar ondervinding
Professionele Natuurwetenskaplike
Kandidaat Natuurwetenskaplike
Gesertifiseerde Natuurwetenskaplike
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n aansoekvorm in wat by die Raad beskikbaar is.
Sluit die voorgeskrewe registrasiefooi by jou aansoek in.
Die Raad sal jou registreer en 'n registrasiesertifikaat uitreik mits dit tevrede is dat jy oor al die betrokke akademiese kwalifikasies en ondervinding beskik soos die Raad bepaal.
Die betrokke komitee van die SARNAP Professionele Adviserende Komitee sal 'n paneel van minstens twee mense aanwys om 'n persoonlike onderhoud met jou te voer.
Die betrokke PAK moet alle aansoeke evalueer voordat SARNAP se Registrasiekomitee dit goedkeur en die volle Raad dit bekragtig.
Die uitslag van die evaluering sal eers na afloop van die Raadsvergadering bekendgemaak word.
Die Raad mag onder die volgende omstandighede weier om 'n aansoeker te registreer:
indien die aansoeker sedert die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, in die Republiek of elders aan 'n misdryf skuldig bevind is en tot 'n tydperk van meer as drie maande of 'n gelykwaardige boete gevonnis is indien die Hoërhof bevind het dat die aansoeker geestelik versteurd is of aan 'n geestesafwyking ly, of indien hy of sy ingevolge die Wet op Geestesgesondheid, 2002 aangehou is indien die registrasie van die aansoeker opgeskort is as gevolg van enige straf wat hy of sy ingevolge hierdie Wet opgelê is indien die aansoeker weens onbehoorlike gedrag uit 'n vertrouensposisie ontslaan is indien die aansoeker 'n ongerehabiliteerde insolvent is wie se insolvensie die gevolg is van nalatigheid of onbevoegdheid in die uitvoering van werk op dieselfde gebied as die kategorie waarvoor hy of sy aansoek doen.
Die Raad sal jou skriftelik in kennis stel indien jou aansoek om registrasie nie geslaag het nie.
Jy mag binne 30 dae van so 'n Raadsbesluit appèl aanteken.
Jy moet minstens drie maande voor die verstryking van jou registrasie om hernuwing daarvan aansoek doen.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die registrasie sal binne ses tot agt weke afgehandel word afhangende van die indiening van die vereiste dokumentasie.
Bo
Koste
Vir elektroniese bank en regstreekse deposito's: Gebruik asseblief jou voorletters en van om jou betaling op ons bankstaat te identifiseer en faks betalingsbewys asook die eerste bladsy van jou aansoekvorm aan 841 1057.
Bankbesonderhede:
Takkode: 164445
Rekeningnommer: 1644292289
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
