Aansoek om as 'n CIPRO-agent te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Almal wat gereeld met die Registrateur van Maatskappye en Beslote Korporasies skakel of moet skakel, behoort as 'n CIPRO-agent te registreer. As jy reeds voorheen geregistreer het, hoef jy dit nie weer te doen nie, want jou registrasie as agent sal geheraktiveer word en jy sal nie jou agentkode verloor nie.
Om te registreer, moet jy 'n terugbetaalbare deposito in CIPRO se rekening inbetaal. Nadat ontvangs van jou registrasie bevestig is, sal die rekening geaktiveer word, en kan jy dit gebruik. Om die sertifikaat van 'n geregistreerde maatskappy of beslote korporasie te bekyk en te druk, kos R30 per sertifikaat. Hierdie koste word weerspieël in 'n depositorekening wat aan jou agentkode gekoppel is, en wat gebruik word om jou outomaties aan die einde van die maand te faktureer.
Bo
Stappe om te volg
Verskaf 'n afskrif van jou identiteitsdokument.
Bo
Regsraamwerk
Daar is geen regsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Diensstandaard
Jou aansoek sal dieselfde dag nog verwerk word.
Bo
Koste
Dit kos R30 per sertifikaat om die sertifikaat van 'n geregistreerde maatskappy of beslote korporasie te bekyk en te druk.
Bo
Vorms om in te vul
Gewysigde stigtingsverklaring ten opsigte van rekeningkundige beampte en adresse, CK2A
Bo
Kontakbesonderhede
