Aansoek om 'n privaat maatskappy te registreer
Beskrywing n Privaat maatskappy is 'n ondernemingsentiteit wat deur aandeelhouers besit word, en hulle aandele mag nie aan die publiek verkoop word nie. Volgens die Maatskappywet, 1973, moet 'n privaat maatskappy minstens een en tot 50 aandeelhouers hê. Daar word dikwels na aandeelhouers as die direkteure van die maatskappy verwys.
Die status van Eiendoms Beperk of "" word aan geregistreerde privaat maatskappye verleen.
Stappe om te volg
Die registrasieproses vir 'n openbare of privaat maatskappy is omvangryk. Omdat die prosedure so ingewikkeld is, moet daar tydens die registrasieproses van prokureurs se dienste gebruik gemaak word.
Vul die volgende vorms in:
CM 5 - Aansoek om die reservering van 'n maatskappynaam , en betaal R50 op die kliënt se klantkode in
CM22 - Magtiging vir die toeken van 'n geregistreerde en 'n posadres
Prokurasie - Kennisgewing om namens promotors te handel
CM29 - Opgaaf met besonderhede van direkteure, beampte
CM31 - Toestemming om as ouditeur op te tree
CM46 - Aansoek om te begin sake doen en R60-00 in die kliënt se klantkode te deponeer
CM47 - - Verklaring deur direkteure oor die toereikendheid of ontoereikendheid van aandelekapitaal
Stel die akte en statute van oprigting op
Betaal die voorgeskrewe fooi.
Regsraamwerk
Maatskappywet, 1973
Diensstandaard
Dit kan vyf dae neem om 'n privaat maatskappy te registreer.
Koste
R350 - akte en statute
R60 - toestemmingsertifikaat om te begin sake doen
R50 - reservering van naam
R5 - per 1 000 aandele wat uitgereik word
Totaal - R465
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
