Aansoek om 'n verpersoonlikte nommerplaat
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Verpersoonlikte registrasienommer is een waarin persone hulle naam of hulle organisasie se naam as hulle motorregistrasienommer gebruik. Individue en organisasies kan om 'n verpersoonlikte registrasienommer aansoek doen. Die verpersoonlikte registrasienommer word op dieselfde manier as die gewone registrasienommer vertoon. 'n Verpersoonlikte registrasienommer word die eiendom van die persoon in wie se naam die nommer geregistreer is.
n Verpersoonlikte nommerplaat moet voldoen aan dieselfde vereistes as wat vir 'n gewone nommerplaat geld .
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou naaste verkeerskantoor in verbinding.
Vul 'n aansoekvorm by jou naaste registrasie-owerheid in.
Dien 'n gewaarmerkte afskrif van 'n aanvaarbare identiteitsdokument en 'n afskrif van die motorvoertuig se registrasiesertifikaat in.
Betaal die verlangde fooi.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die aansoek word dieselfde dag nog verwerk.
Bo
Koste
