Aansoek om 'n eksterne maatskappy te registreer
Beskrywing n Buitelandse organisasie buite Suid-Afrika wat in Suid-Afrika sake wil doen, kan om 'n permit as eksterne maatskappy aansoek doen. 'n Eksterne maatskappy is in 'n ander land geregistreer, maar wil ook graag 'n maatskappy in Suid-Afrika vestig.
Omdat verskeie prosesse binne die algehele registrasieproses deurloop moet word, is dit raadsaam om van Suid-Afrikaanse prokureurs se dienste gebruik te maak.
Nader 'n regspraktisyn in Suid-Afrika, aangesien die Maatskappywet, 1973 vereis dat sekere sake waaraan die maatskappy sal moet voldoen deur 'n persoon in die regsprofessie hanteer moet word.
Neem kennis dat alle dokumente slegs met pikswart permanente ink ingevul mag word.
Stappe om te volg
Tree met die Departement van Handel en Nywerheid in verbinding.
Vul die aansoekvorms in wat onder die opskrif "Vorms om in te vul " hieronder gelys is.
Verskaf gewaarmerke afskrifte van die identiteitsdokumente of geldige paspoorte van almal wat by betrokke is by die maatskappy wat geregistreer gaan word.
Die dokumente moet vergesel wees van die maatskappy se statute en akte van oprigting in boekvorm, en elke bladsy moet deur 'n notaris in die land van herkoms gesertifiseer wees.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Dit kan vyf dae neem om die registrasie af te handel.
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
