Aansoek om 'n motorvoertuiglisensie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Motorvoertuie waarvan die lisensie opgeskort is omdat dit ongelisensieerd, geskrap of gesteel was of wat herbou of verander is, moet opnuut gelisensieer word. Dit geld ook as die motor van eienaar verwissel het of as iemand die motorvoertuig uit 'n bestorwe boedel bekom het.
Die motorvoertuiglisensie bly 12 maande lank geldig.
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou naaste verkeerskantoor in verbinding.
Vul 'n aansoekvorm by jou plaaslike registrasie-owerheid in.
Dien die volgende in:
n Aanvaarbare identiteitsdokument die voertuig se padwaardigheidsertifikaat, wat by 'n motorvoertuigtoetsstasie verkry kan word n Klaringsertifikaat van die Suid-Afrikaanse Polisiediens n Magtigingsbrief, wat by die SABS verkry kan word heg die oorledene se doodsertifikaat aan .
Betaal die verlangde fooi.
Let wel: Agterstallige fooie moet betaal word vir motorvoertuie waarvan die lisensie verval het of nie hernu is nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die aansoek word dieselfde dag nog verwerk.
Bo
Koste
