Aansoek om laat registrasie van 'n geboorte
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Laat registrasie van 'n geboorte vind plaas wanneer 'n persoon se geboorte meer as 'n jaar na die geboorte eers geregistreer word.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm BI-24/1 in vir 'n geboorte wat meer as 'n jaar, maar minder as 15 jaar na die geboorte geregistreer word.
Vul aansoekvorm BI-24/15 in vir 'n geboorte wat na 15 jaar eers geregistreer word.
Vul die beëdigde verklaring in .
Dien die volgende dokumente:
Dien 'n kopie van die moeder se identiteitsdokument in as die ouers nie getroud is nie en die vader nie vaderskap erken nie. As die ouers ongetroud is, maar die biologiese vader wel vaderskap erken, moet kopieë van altwee ouers se identiteitsdokumente ingedien word. As die vader en moeder met mekaar getroud is, moet gewaarmerkte kopieë van altwee ouers se identiteitsdokumente en hulle huweliksertifikaat ingedien word
Anders moet 'n sertifikaat van die hospitaal of kraaminrigting waar die kind gebore is, ingedien word. Die sertifikaat moet deur die persoon in bevel onderteken wees en die inrigting se amptelike naam en datumstempel bevat.
Dien bevestiging in van die kind se persoonlike besonderhede soos dit in die skoolregister opgeneem is. Jy kan ook 'n skoolsertifikaat indien wat onderteken is deur die skoolhoof van die eerste skool wat die kind bygewoon het. Die bevestiging, op 'n amptelike briefhoof met die skool se datumstempel op, moet ook die skoolhoof se persoonlike besonderhede bevat.
Dien die kind se doopsertifikaat in indien dit binne vyf jaar sedert die geboorte uitgereik is.
As die ouers nie beskikbaar is nie kan 'n nabye familielid wat minstens tien jaar ouer as die kind is en die kind se geboortebesonderhede ken die kind se status en identiteit bevestig.
Dien 'n verklaring in van 'n persoon wat die aansoeker se ouers persoonlik geken het.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit neem drie tot ses maande om 'n aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
