Aansoek om 'n ontwerp te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n "Ontwerp" het 'n vorm en eienskappe wat 'n lus is vir die oog. Sommige ontwerpe word gemaak om 'n spesifieke funksie te vervul, terwyl ander 'n suiwer estetiese oogmerk het.
Ontwerp het dus te make met die vorm, formaat, voorkoms, patroon, versiering en struktuur van 'n produk of artikel. Die ontwerp van 'n ring word byvoorbeeld gewoonlik deur estetiese eienskappe bepaal.
Daar is twee soorte ontwerpe wat geregistreer kan word indien hulle aan die onderstaande vereistes voldoen:
n Estetiese ontwerp moet nuut en oorspronklik wees;
n besonder mooi vorm, struktuur of versiering hê; en moet by wyse van 'n nywerheidsproses geskep kan word.
n Funksionele ontwerp moet nuut wees en nie algemeen nie;
sy vorm of struktuur moet bepaal wees deur die doel waarvoor dit ontwerp is; en dit moet by wyse van 'n nywerheidsproses geskep kan word.
Estetiese ontwerpe word vir 15 jaar beskerm en funksionele ontwerpe vir 10 jaar.
Hoewel dit nie verpligtend is om 'n omvattende soektog te doen om seker te maak dat die ontwerp oorspronklik is en nie alreeds voorheen geregistreer is nie, is dit tog wenslik om dit te doen voor jy om registrasie aansoek doen. So 'n soektog kan by die Ontwerpregistrasiekantoor in Pretoria gedoen word. Dit moet óf persoonlik óf deur 'n agent gedoen word.
Sodra die ontwerp as nuut aanvaar en geregistreer is, sal jy 'n ontwerpsertifikaat ontvang.
n Ontwerp se registrasie moet driejaarliks hernu word.
Kry meer inligting by die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom .
Bo
Stappe om te volg
Tree met die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom in verbinding.
Vul 'n ontwerpaansoekvorm in .
Dien 'n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument in.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Na verloop van ses maande word 'n formele ondersoek gedoen. Die ontwerp word gewoonlik in die sewende maand geregistreer.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
