Aansoek om 'n outeursreg te registreer
Beskrywing n Outeursreg is die reg om jou werk te beskerm, ongeag of jou werk in geskrewe of gedrukte vorm, 'n rekenaarprogram, artistieke werk, materiaal vir uitsending, musiek, 'n rolprent of video is.
Beskerm" beteken om te verhinder dat ander mense jou werk of materiaal kopieer of reproduseer en dit gebruik om self finansieel daaruit wins te maak. Outeursreg word deur die Wet op Outeursreg, 1978 gereël.
As jy 'n oorspronklike idee bedink het, kan jy nie outeursreg daarop uitneem nie. Jou oorspronklike idee moet eers in 'n fisiese vorm omskep word, soos 'n boek, 'n kaartjie, 'n CD, 'n skildery, 'n foto, 'n toneelstuk of 'n rolprent.
Iemand wat 'n werk geskryf, gedruk, gepubliseer, opgevoer, gebeeldhou, geskilder, verfilm of opgeneem het, is gewoonlik outomaties die besitter van die outeursreg in daardie werk. Wanneer iemand egter 'n sekere stuk werk in opdrag lewer en daarvoor betaal word, behoort die outeursreg soms aan die werkgewer of opdraggewer.
In die meeste gevalle is dit nie nodig om formeel om outeursreg aansoek te doen nie.
Jy vestig outeursreg deur die woorde "kopiereg" of "outeursreg voorbehou" of "kopiereg Smith 2002" of die kopieregsimbool, die naam en die jaar by die werk of teks te voeg.
Jy kan outeursreg in Suid-Afrika bekom indien jy 'n Suid-Afrikaanse burger is of indien jou werk in Suid-Afrika geproduseer is. Indien jy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie, kan jy 'n outeursreg bekom indien die ander land lid is van die Bern-konvensie. Die Bern-konvensie is 'n internasionale ooreenkoms oor outeursreg ingevolge waarvan die lidlande mekaar wedersyds beskerming van outeursregte beloof.
Om 'n outeursreg te vestig in rolprente en video's wat vir kommersiële doeleindes gemaak is, moet jy formeel daarvoor aansoek doen. Die dokumente wat vir hierdie aansoek nodig is, is gratis by die Outeursregkantoor te kry.
Outeursreg verleen "eienaarskap" van die betrokke materiaal en beheer die kommersiële gebruik daarvan. Die mees algemene outeursregsimbool is ©.
Kry meer inligting by die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom .
Stappe om te volg
Tree met die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom in verbinding.
Vul die volgende vorms in:
Vorm RF9, asook die saakstelling
Prokurasie, as 'n regspraktisyn se dienste gebruik word
Regsraamwerk
Diensstandaard
Nadat ses maande verloop het, word 'n formele ondersoek gedoen. Outeursreg word gewoonlik in die sewende maand toegestaan.
Koste
Vorms om in te vul
Volmagsoorkonde, as 'n regspraktisyn se dienste gebruik word
Kontakbesonderhede
