Aansoek om 'n werkgewersorganisasie en 'n werknemersorganisasie by die Departement van Arbeid te registreer
Beskrywing n Vakbond is 'n organisasie van werkers wat die belange van sy lede in sake soos lone en werksomstandighede bevorder en beskerm, veral deur middel van onderhandelinge met werkgewers.
Die registrasie van vakbonde val binne die raamwerk van werksaamhede van die Registrateur van Arbeidsverhoudinge. Indien jy 'n vakbond wil registreer, moet jy die volgende by die Registrateur indien:
Drie gedrukte afskrifte van die vakbond se grondwet n Volledige lys van die ampsdraers van die vakbond, met 'n uiteensetting van elkeen se amp of beroep
Die vakbond se adres of die geregistreerde kantoor
Die Sekretaris en Voorsitter moet elke afskrif onderteken om te bewys dat dit ware afskrifte is.
Kry meer inligting op die webwerf van die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Vul twee afskrifte van die aansoekvorm in.
Heg drie afskrifte van die vakbond se grondwet by die aansoekvorm aan wat aan die Registrateur gestuur word .
Die Sekretaris en Voorsitter moet elke afskrif onderteken om te bewys dat dit ware afskrifte is.
Pos of faks die aansoek aan die Registrateur van Arbeidsverhoudinge.
Regsraamwerk
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 , Artikel 96
Diensstandaard
Dit kan tot 30 dae duur om 'n vakbond te registreer.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
