Aansoek om 'n bedingingsraad te registreer
Beskrywing n Bedingingsraad hanteer kollektiewe ooreenkomste, los arbeidsgeskille op, bring bepaalde skemas tot stand en lewer kommentaar op arbeidsbeleid en -wette.
Vakbonde en werkgewersorganisasies mag aansoek doen om bedingingsrade te vorm.
Vir meer inligting, besoek die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Doen by die Registrateur van Arbeidsverhoudinge van die Departement van Arbeid aansoek om 'n bedingingsraad te stig.
Dien die volgende by die Registrateur van Arbeidsverhoudinge in:
Twee afskrifte van die Aansoek om Registrasie van 'n Bedingingsraad
Drie afskrifte van die bedingingsraad se grondwet.
Die notule van die vergadering waarop die vakbonde en werkgewersorganisasies ooreengekom het om 'n bedingingsraad te stig.
Enige ander toepaslike inligting.
Regsraamwerk
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 , Artikel 29 , Section 29
Diensstandaard
Dit kan tot 60 dae neem om die aansoek te verwerk.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
