Aansoek vir die registrasie van 'n visvaartuig
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Visvaartuig is 'n boot of skip wat gebruik word of uitgerus is vir die bestuur, oes en benutting van lewende seewaterbronne, of vir die ondersteuning van verwante aktiwiteite. Dit sluit enige vaartuig in wat een of meer vaartuie ter see bystaan in die uitvoering van enige toelaatbare aktiwiteit wat aan visvangs verwant is, insluitende - maar nie beperk nie tot - voorbereiding, bevoorrading, berging, verkoeling, vervoer en verwerking. Die South African Maritime Safety Authority en die Departement van Omgewingsake en Toerisme moet die visvaartuig goedkeur.
Geen visvaartuie sal geregistreer word sonder visvangsregte en 'n permit om die vaartuig by visvangsaktiwiteite te betrek nie.
Bo
Stappe om te volg
Reël dat die visvaartuig 'n SAMSA-seewaardigheidstoets ondergaan, waarna SAMSA moontlik 'n veiligheidsertifikaat sal uitreik. Hierdie sertifikaat moet by jou aansoek om registrasie aangeheg word.
Vul die vorm in hoofletters en drukskrif in, en verskaf 'n geskrewe motivering waar nodig.
Verstrek die volgende inligting:
die vaartuig se naam die eienaar van die vaartuig se naam en besonderhede die vaartuig se lengte die vaartuig se perdekrag en kapasiteit die vlagstaat waaronder die vaartuig tans geregistreer is die veiligheidsertifikaat wat deur die South African Maritime Safety Authority uitgereik is.
Dien bewys van jou visvangsreg in. As jy nie 'n visvangsreg hou nie, moet jy die kontrak indien wat jy met die vaartuigeienaar gesluit het om toestemming vir die gebruik van daardie vaartuig te verkry.
Dui aan in watter visvangsektor die vaartuig ontplooi gaan word, en vir hoe lank.
Bo
Regsraamwerk
Wet op Mariene Besoedeling , 1986
Bo
Diensstandaard
As die aansoek korrek ingedien is, kan dit drie of meer werksdae neem om te verwerk.
Bo
Koste
Die fooi hang van die lengte van die vaartuig af:
