Aansoek om terugbetaling van lisensiegeld vir 'n motorvoertuig
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die eienaar van 'n motorvoertuig wat gesteel is, wat glad nie meer gebruik kan word nie of wat geskrap is, kan aansoek doen om die terugbetaling van geld wat betaal is vir die voertuiglisensie van sodanige motorvoertuig.
Die aansoek om terugbetaling moet binne drie maande nadat die diefstal aangemeld, die motor permanent onklaar geraak het, of die motor geskrap is geskied.
Let wel: 'n Bedrag van minder as R30 word nie terugbetaal nie.
Bo
Stappe om te volg
Toon jou identiteitsdokument.
Voorsien 'n beëdigde verklaring wat bevestig dat die motorvoertuig gesteel is of permanent onklaar geraak het, of voorsien 'n sertifikaat dat die motor geskrap is.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die aansoek word op dieselfde dag verwerk. As gevolg van interne ouditprosedures sal jy egter 'n paar dae moet wag voordat jou geld uitbetaal word.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Vul in aansoek vorm by die toetssentrum.
Bo
Kontakbesonderhede
