Aansoek om erkenning van 'n gewoonteverbintenis of gebruiklike huwelik
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Om 'n gebruiklike huwelik as geldig te kan erken, moes hierdie huwelik voor 15 November 2000 gesluit gewees het. As dit op 15 November 2000 of later gesluit is, moet hierdie huwelik aan die volgende vereistes voldoen:
Die huwelik moet ooreenkomstig die gewoontereg beding, gevier en voltrek wees.
Die eggenoot en sy eggenote moet altwee ouer as 18 jaar wees.
Die eggenoot en sy eggenote moet altwee tot die huwelik instem.
Die ouers van 'n minderjarige aanstaande eggenoot moet toestemming gee vir die huwelik. As jy nie ouers het nie, moet jou wettige voog toestemming gee. As die ouer of wettige voog nie toestemming kan gee nie, kan 'n Kommissaris van Kindersorg gevra word om toestemming te verleen. As een van die ouers, die wettige voog of die Kommissaris van Kindersorg toestemming weier, kan versoek om toestemming slegs 'n regter van die Hooggeregshof gerig word.
As een van die aanstaande eggenote reeds'n burgerlike huwelik gesluit het, kan 'n gewoontehuwelik nie voltrek word solank die burgerlike huwelik nog bestaan nie. 'n Soortgelyke voorwaarde geld ook vir gewoontehuwelike wat sedert 1 Desember 1988 voltrek is.
Hoewel daar geen beperking is op die getal gewoontehuwelike wat 'n man mag sluit nie, mag geen verdere gewoontehuwelike voltrek word voordat hy 'n hofbevel by die Hooggeregshof verkry het wat sy huweliksgoederestelsel reguleer nie.
Gaan jou huwelikstatus aanlyn na.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm BI-32 in by enige kantoor van Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland is.
n Onverkorte huweliksertifikaat, of 'n reproduksie van die betrokke register, of 'n reproduksie van enige ondersteunende dokumentasie wat met die register verband hou, word saam met verifikasie van inligting uit die huweliksregister uitgereik.
n Verkorte huweliksertifikaat word uitgereik mits daar by registrasie van die huwelik geen uitstaande fooie vir die uitreik van voorgeskrewe sertifikate uitstaande is nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Verkorte huweliksertifikaat: Dit word onmiddelik uitgereik.
Onverkorte huweliksertifikaat: Dit neem ses tot agt weke om uit te reik.
Bo
Koste
Verkorte huweliksertifikaat: R11
Onverkorte huweliksertifikaat: R53
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
