Aansoek om korting op en terugbetaling van doeanereg op insette wat in uitvoergoedere gebruik is
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die doel van hierdie diens is om aansoek te doen om 'n korting op en terugbetaling van doeanereg op produkte wat ingevoer is vir die vervaardiging, verwerking, afwerking, toerusting of verpakking van produkte wat vir uitvoer bestem is.
n Permit is nodig om produkte in terme van hierdie bepaling in te voer. Doen daarvoor aansoek deur die aansoekvorm in te vul wat by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie te kry is.
Kry meer inligting by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie.
Bo
Stappe om te volg
Laai aansoekvorm, 470.03/00.00/01.00
Verskaf 'n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument.
Verskaf 'n gewaarmerkte afskrif van jou uitvoerpermit.
Bo
Regsraamwerk
Doeane- en Aksynswet, 1964
Bo
Diensstandaard
Dit kan die Departement van Handel en Nywerheid twee tot vier weke neem om terugvoer te gee oor 'n korting of terugbetaling.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
