Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids 
Bestuur
Bestuur
Hoe kan ek verkies word om ander ouers op die beheerraad te verteenwoordig?
Hoe kry ek inligting oor die verkiesingsproses?
Wat gebeur as ek nie verkies word tot die skoolbeheerraad nie?
Wie neem die besluite oor skoolsake?
Waar kan ek 'n beswaar indien teen 'n besluit of optrede?
n SBR is 'n struktuur wat die skool bestuur. Dit beklee 'n vertrouensposisie teenoor die skool. Dit bestaan uit die skoolhoof, verkose verteenwoordigers van onderwysers, nie-onderwyspersoneel, ouers en leerders, wat sekondêre skole betref. Die SBR kan ook mense in die gemeenskap kies wat spesiale vaardighede het om lede sonder stemreg van die SBR te wees.
Hoe kan ek verkies word om ander ouers op die beheerraad te verteenwoordig?
Jy kan ander ouers op 'n beheerraad verteenwoordig as jy genomineer word en as die ouers vir jou stem. Die SBR word verkies vir 'n tydperk van drie jaar. Jy kan in die volgende verkiesing staan. Sodra jou kind die skool verlaat, moet jy bedank, omdat jy nie langer enige regte op die SBR het nie. Ouers kan herverkies word solank hulle kinders in die skool het.
Hoe kry ek inligting oor die verkiesingsproses?
Die skoolhoof of SBR van die skool word deur die wet verplig om aan alle ouers inligting te verskaf oor die verkiesing van ouers tot die beheerraad. Jy behoort in elke SBR-verkiesing te stem.
Wat gebeur as ek nie verkies word tot die skoolbeheerraad nie?
Selfs as jy nie verkies word tot die skoolbeheerraad nie, behoort jy die skool se SBR te steun met hulle werk en jy moet reageer op geskrewe kennisgewings wat 'n reaksie vra.
Jy het die REG om betrokke te wees by die skoolsake deur vergaderings by te woon van ouers of ander vergaderings wat gereël word deur die skool, wat die SBR se Algemene Jaarvergadering insluit. Die skool moet jou minstens 30 dae kennis gee voor die vergadering gehou word. Op die vergadering moet die SBR hulle begroting en finansiële jaarverslag voorlê. Die skool moet minstens een keer per jaar 'n verslag oor hulle bedrywighede voorlê.
Jy het ook die REG om geraadpleeg te word deur die onderwysers of die skoolhoof oor die skoolbedrywighede van jou kind. Die skoolhoof en onderwysers by die skool moet jou betyds en gereeld inlig oor die welstand, gedrag, bywoning en leervordering van jou kind. Jy moet ook ingelig word en jou kind verteenwoordig by enige dissiplinêre stappe teen jou kind kragtens die skool se Gedragskode.
Wie neem die besluite oor skoolsake?
Die Hoof van die Provinsiale Onderwysdepartement neem, deur die skoolhoof, al die besluite oor onderwys in die skool. Jy behoort ingelig te word oor die besluite en het die reg tot inligting oor die skool en jou kind se onderwys. Jou skool moet ook 'n Gedragskode hê. Jy het die reg om geraadpleeg te word oor die voorbereiding en wysiging van die Gedragskode.
Waar kan ek 'n beswaar indien teen 'n besluit of optrede?
Jy kan 'n beswaar indien teen 'n besluit of optrede van:
n onderwyser, by die skoolhoof;
n skoolhoof, by die Hoof van die Onderwysdepartement in die provinsie;
n lid van die verteenwoordigende raad van leerders, by die skoolbeheerraad; en, n skoolbeheerraadlid, by die LUR of Departementshoof.
UMTHAMO: Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids
Jou Kind se Toelating tot 'n Skool
Skoolgeld
Bestuur
Taal van Leer en Onderrig
Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer
Kontakinligting
