






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > T &gt Testikulre Kanker

Testikulre Kanker





Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)






* Wat Is Kanker van die Testes?
* Watter Groepe is in Gevaar?
* Vroe Opsporing
* Optrede
* Onthou



WAT IS KANKER VAN DIE TESTES?


Dit is 'n seldsame soort kanker in mans. Dit kan op enige ouderdom voorkom, maar word meer dikwels deur jong mans, 20 tot 40 jaar oud, ondervind. Net een testis word dikwels geraak. Die oorsaak van testikulre kanker is onbekend. Dit raak mans wanneer hulle bekommerd is oor seksuele fertiliteit en die uitbou van 'n gesin.

Testikulre kanker was tussen 1996 en 1997 verantwoordelik vir 0.75% tot 1.46% van alle kankers wat by die Kankerregister aangemeld is.


WATTER GROEPE IS IN GEVAAR?



* Mans met 'n geskiedenis van testikels wat nie gesak het nie (reggestel of onreggestel). Die gevaar verhoog tot 11 keer. Alle babaseuntjies moet met geboorte ondersoek word vir testikels wat nie gesak het nie.
* Mans met 'n familiegeskiedenis van testikulre kanker.
* Mans met 'n infertiliteitsprobleem.



VROE OPSPORING


Die indiwidu ontdek self die meeste abnormaliteite in die testis. Die beste manier om afwykings op te spoor is deur testikulre self-ondersoek.

Testikulre Self-ondersoek (TSO)

TSO word die beste uitgevoer nadat met warm water gewas is, of na 'n warm bad of stort. Hitte laat die skrotum ontspan, wat dit makliker maak om enige abnormaliteite op te spoor.

As jy 18 jaar of ouer is, doen elke maand die volgende:
* Kyk of daar enige swelling aan die skrotum is ('n spiel kan help)
* Ondersoek elke testikel met beide hande. Plaas die wysvinger en middelvinger onder die testikel met die duim bo-op. Rol die testikel liggies tussen die duim en vingers, Moenie skrik as een testikel bietjie groter as die ander voel nie - dit is normaal. Kankeragtige knoppe kom gewoonlik aan die kante van die testikel voor, maar kan ook in die middel van die voorkant van die testis voorkom.
* Stel vas waar die sagte buisagtige struktuur agter die testikels is. Dit word die epididimis genoem en versamel en dra sperm. Leer di struktuur ken. Moet dit nie met 'n verdagte knop verwar nie.


Wees vir die volgende op die uitkyk:
* 'n klein (ertjiegrootte), pynlose knop in 'n testikel (let wel: nie alle knoppe is kankeragtig nie)
* 'n vergrote testikel
* 'n swaar gevoel in die testikel of die lies
* 'n verandering aan hoe die testikel voel
* vergrote borste en tepels
* vloeistof wat skielik in die skrotum versamel
* pyn in die testikel.



OPTREDE


As jy ernstige testikulre pyn ondervind - kry noodhulp.

As enige knoppe, vergroting, geswel of verandering in die tekstuur in die skrotum gevoel kan word - spreek 'n dokter.

As daar 'n swaar gevoel of pyn is - spreek 'n dokter.

As daar 'n vergroting van die borste of tepels en/of 'n skielike gevoel van swelling in die skrotum is - spreek 'n dokter.

As geen afwykings ondervind word nie - sit TSO voort tot die ouderdom van 40/45.


ONTHOU


Kanker van die testikel is hoogs-geneesbaar, veral as dit vroeg opgespoor en behandel word.

Die verwydering van een testikel beperk nie vrugbaarheid of seksuele funksie nie.





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 November 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





