TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
R
10 Redes om Inenting te Steun
Redes om Inenting te Steun
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Polio en masels is hoogs-aansteeklike siektes wat dodelik kan wees en dikwels langtermyn skade en gestremdheid veroorsaak.
Inenting is 'n hoogs-doeltreffende, bekostigbare manier om die siektes teen te werk en al ons kinders te beskerm.
Inenting is ook baie veilig. Die risiko van 'n allergiese reaksie is baie kleiner as met die meeste ander medisyne. Dit gebeur baie selde.
Massaveldtogte dek die kinders wat van hulle besoeke aan die kliniek vir inenting kon misgeloop het. Op dié manier word meer kinders beskerm.
Jy kan nie 'n kind oor-inent nie. Selfs ten volle ingeënte kinders kry ekstra voordele uit massa-inentingsveldtogte.
Die bedreiging van polio en masels is nog nie iets van die verlede nie. Hoewel polio jare laas in Suid-Afrika voorgekom het, is dit nog 'n probleem in baie lande en 'n besoeker kan dit inbring.
Baie van ons kinders is MIV-positief en hulle is veral kwesbaar vir aansteeklike siektes. Dit is nog meer belangrik dat hulle ingeënt moet word.
Inenting is 'n maatskaplike verantwoordelikheid. Ons kan net 'n masels- en poliovrye omgewing skep as alle kinders ingeënt is.
Baie lande is heeltemal poliovry. Suid-Afrika staan op die punt om deur die Wêreldgesondheidsorganisasie erken te word as poliovry. 'n Uitbraak sal jare se harde werk om dit te bereik ruïneer.
Dit is moontlik om siektes wêreldwyd uit te wis. Inenting het ons in staat gestel om die oorhand te kry oor pokkies. 'n Poliovrye wêreld kan bereik word. Kom ons werk met ander lande saam om dit te bereik.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
