TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
K 
Kragbesparing in die Huis
Kragbesparing in die Huis
Besoedeling- en Afvalbestuur (Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OPSOMMING
Skoner Produksie verander die manier waarop ons dinge doen en gebruik deur dit meer doeltreffend te maak en minder besoedeling en afval te veroorsaak. Dit is gegrond op die beginsel dat voorkoming beter as is genesing. Dit kan lei tot ingrypende veranderings aan mense se ingesteldheid en hulle optrede. Dié publikasie gee wenke oor hoe jy energie kan bespaar, minder water gebruik en afval verminder.
INTERESSANTE FEITE
Vir elke kilowatt-uur energie wat gebruik word, word amper een kilogram steenkool verbrand."
Water is 'n skaars bron en die Wes-Kaap het nie meer geskikte plekke om damme te bou nie."
Daar sal binne die volgende twee jaar net twee werkende opvulterreine oor wees! 'n Nuwe opvulterrein word gesoek maar dit sal miljoene kos om te bou en niemand wil dit in hulle agterplaas hê nie."
Die wêreld produseer gemiddeld 4 ton CO2 per persoon per jaar, Suid-Afrikaners produseer 10 ton CO2 per persoon per jaar."
KONTAKBESONDERHEDE
Direktoraat: Besoedeling en Afvalbestuur
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Tel: 021 483 2705
Faks: 021 483 4425
VIND MEER UIT OOR:
Hoekom jy skoner produksie in jou huis behoort te beoefen
Hoe om krag te bespaar
Hoe om water te bespaar
Hoe om afval te verminder
Handige wenke
Waterwys-tuinmaak
HOEKOM JY SKONER PRODUKSIE IN JOU HUIS BEHOORT TE BEOEFEN
JY SPAAR GELD!
Dit bewaar natuurlike bronne, soos water
Dit verminder water- en lugbesoedeling
Dit skep 'n gesonde omgewing vir jou gesin
HOE OM KRAG TE BESPAAR!
Hier is 'n paar voorbeelde van wat in jou huis gedoen kan word om dit meer energiedoeltreffend te maak:
Warmwatertoestel
Isoleer die warmwatertoestel deur dit toe te draai in 'n waterwatertoestelkombers en bespaar R10 en R20 / maand.
Installeer 'n tydtoestel op die warmwatertoestel om te keer dat water warm gemaak word wanneer jy dit nie nodig het nie. Dit kan tot 20% op jou elektrisiteitsrekening bespaar.
Installeer 'n sonkrag-waterverhittingstelsel. Dit betaal vir homself in kragbesparing oor ongeveer 8 jaar en gebruik 'n hernubare energiebron.
Veral as jy 'n nuwe huis bou is dit 'n slim ekonomiese keuse. Beraamde besparing van 20-40% van die algehele elektrisiteitsrekening.
Ligte
Gebruik KFL'le of LUD's, wat meer energiedoeltreffend is, eerder as gewone gloeilampe vir enige lig wat langer as 'n uur of twee per dag aanbly - veral gepas vir buiteligte wat heel nag aanbly.
Skakel ligte af wanneer jy 'n kamer verlaat.
Huisverhitting
Deur jou plafon te isoleer kan jy die helfte van die verhittingskrag bespaar.
Sluit passiewe sonkenmerke in wanneer jy 'n nuwe huis beplan:
Genoeg venstergebiede wat noord front
Dakoorhange wat die regte lengte is om die somerson uit te hou maar die winterson binne te laat
Wanneer jy plafonne installeer moet jy in gedagte hou dat dit moeilik is om 'n dubbele-volume huis te verhit
Isoleer jou mure en vloere goed, of gebruik termies-doeltreffende boumateriaal.
HOE OM WATER TE BESPAAR
Hier is 'n paar voorbeelde van wat in jou huis gedoen kan word om dit meer water-doeltreffend te maak
Deur die toilet se spoelvolume te verminder kan jy 20% van jou totale waterverbruik bespaar sonder enige ongerief. Tweeledige of multispoelstelsels kan installeer word. Die tweeledige spoelmeganisme het twee vaste stellings - 'n ligte stelling vir urine en 'n swaarder een vir vaste stowwe. Die multispoelstelsel laat jou die hoeveelheid spoelwater kies - lig net die handvatsel weer op en die stroom stop.
Deur 'n stelsel te installeer om grys water (van die wasmasjien, wasbakke, stort en bad) na die tuin te pomp, sal dit vir die meeste huishoudings onnodig wees om die tuin nat te lei. Dit kan waterverbruik met tot 35% besnoei. Die stelsels kos omtrent R4 500 om te installeer, maar sal vir hulleself betaal binne omtrent 2 jaar.
Die installering van laevloei stortkoppe sal die water wat in die stort gebruik word met 50-75% verlaag. Verskeie soorte is beskikbaar, afhangende van die vlak van gebruikergemak wat verlang word. Stortbaddens is in elk geval meer waterdoeltreffend as 'n bad, selfs sonder die stortkoppe.
Kraanbelugters verminder die vloei in kombuiskrane met omtrent 50-75%. Gewoonlik vloei baie water van dié krane af direk in die opwasbak af sonder om gebruik te word.
HOE OM AFVAL TE VERMINDER
Die Wes-Kaap produseer meer afval as waarvan ontslae geraak kan word. Die gemiddelde Kapenaar produseer 1.6 kilogram afval per dag. Water wat deur die opvulterreine syfer besoedel die grondwater en die aarde. Die volgende punte gee jou 'n idee van wat in jou eie huis gedoen kan word om die hoeveelheid afval te verminder waarvoor jy verantwoordelik is.
Hersikleer soveel van jou afval as moontlik. Die volgende produkte kan hersikleer word: papier, glas, blikkies, plastiek, organiese stowwe en enjinolie. Daar is hersikleringsdepots by 'n aantal skole of organisasies. Raadpleeg jou plaaslike munisipaliteit of telefoongids om 'n hersirkleerder naby jou op te spoor. Gebruik 'n twee- of drieledige asblikstelsel. Dit is huishoudelike asblikke wat verdeel is in kompartemente wat hersirklering maklik maak. Verskillende herwinbare produkte kan in verskillende kleurkompartemente gaan.
Maak kompos van jou organiese materiaal (kombuis- en tuinafval). Kompos kan in die tuin gebruik word deur dit met die grond te meng om die grondstruktuur te verbeter. Dit vermeerder die hoeveelheid organiese materiaal in die grond en verskaf voedingstowwe wat plante help groei.
Hergebruik houers soveel as moontlik en maak seker dat die produkte wat jy koop nie oordadig in plastiek toegedraai is nie. As hulle is, kla! Dit verhoog bewustheid.
HANDIGE WENKE
Kies wanneer jy opknap verwe en vernisse wat nie oplosmiddels bevat nie en organies is.
Skakel die televisie af eerder as om die bystandfunksie te gebruik - tv's op bystand verbruik steeds 'n kwart van hulle normale krag.
Moenie outomaties 'n hele ketel water laat kook vir net een koppie tee nie. Kook net wat jy nodig het.
Gebruik openbare vervoer of loop of trap fiets werk of winkels toe. Koop 'n kleiner motor omdat dit minder brandstof gebruik, minder besoedeling vrystel en minder bronne in die vervaardigingsproses gebruik.
WATERWYS-TUINMAAK
Omdat tuine dikwels so baie water gebruik is dit nuttig om te kyk na die beginsels van waterwys-tuinmaak. Dit vereis ook minder instandhouding as normale tuine. Die volgende wenke kom uit "Waterwys-tuinmaak" (DWWB en NBI, 1998):
Plant waterwys plante - oor die algemeen is die mees geskikte plante dié wat inheems aan die gebied is omdat hulle selde bykomend natgelei hoef te word.
Plant plante bymekaar volgens hulle waterbehoeftes - dit voorkom dat water gemors word op plante wat dit nie nodig het nie.
Gee aandag aan die gehalte en tipe grasperk - grasperke slurp water op, so oorweeg dit om hou grasperkgebied te verklein.
Verbeter die grond en deklaag - die grond se vermoë om water te behou raak beter as daar meer organiese stowwe in is. Deklae (die bedekking van die grond met 'n dik laag bas, kompos, strooi, ens) hou die grond baie meer vogtig.
Plant in die regte seisoen - vir winterreënvalgebiede is dit in die herfs en vroeë winter sodat die plante 'n kans het om hulle wortelstels te ontwikkel voor die droë seisoen. In die somerreënvalgebiede is dit lente of vroeg-somer vir dieselfde rede.
Lei reg nat - vermy natlei op die hitte van die dag of wanneer die wind waai. Een van die beste natleistelsels is drupbesproeiing - dit gebruik 25% van die water van normale besproeiing met dieselfde uitwerking, en kan selfs onder grasperke installeer word.
VERWANTE INLIGTING
Energiebesparingswenke (Openbare Inligting)
Bestuur Slim - Bespaar Brandstof - Bespaar Geld (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
