TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
E &gt Enkele van die Provinsiale Tesourie se Prestasies
Enkele van die Provinsiale Tesourie se Prestasies
Provinsiale Tesourie (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OPSOMMING
Die dokument lê ook klem op die Provinsiale Tesourie se belangriksteprestasies van sy ontstaan in 1995 af.
ENKELE VAN DIE PROVINSIALE TESOURIE SE PRESTASIES
Kontantvloeiprosedures en -prosesse wat deur ons ontwikkel is, word deur die Nasionale Tesourie beskou as die norm vir effektiewe provinsiale kontantvloeibestuur. Hierdie prosedures en prosesse het tot gevolg die maksimum renteopbrengs en vorm so die grootste deel van die finansiering agter iKapa elihlumayoi.
Die Wes-Kaap was die eerste Provinsie wat sy eie evaluering van werklike begrotings voorgelê deur departemente uitgevoer het om vas te stel of hierdie begrotings betekenisvol was en of hulle die beginsels van iKapa elihlumayo.ondersteun het.
Al die betrokkenes het die Diensbillikheidsplan aanvaar. Hierdie plan dui aan hoe die Tesourie sy arbeidsmag sal diviersifiseer om daardeur die demografie van die Wes-Kaap te weerspieël. Dit dui ook aan hoe onbillike diskriminasie in die werkplek uitgeskakel sal word.
In 2002 het die Tesourie die eerste volledige Werkplekvaardigheidsplan (WVP) ontwikkel tesame met 'n omvattende vaardigheidsoudit wat aan die betrokke Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SOOO) voorgelê is.
Die Provinsiale Tesourie in die Wes-kaap en Polekwani in die Noordelike Provinsie is geïdentifiseer as proefterreine vir die implementering van leerderskap in openbaresektorrekeningkunde wat op 2 April 2003 provinsiaal en op 20 Junie 2003 nasionaal van stapel gestuur is. Hulle was die eerste staatsdiensinstellings wat hierdie soort opleiding aangebied het.
Die WK Tesourie was die eerste inrigting wat volle akkreditering ontvang het as werkplekopleidingsinrigting: Geen ander private of openbare inrigting in die land het tot dusver volle akkreditering ontvang nie. Dit was ook 'n eerste vir die SOOO vir Finansiële en Rekeningkundige Dienste.
Deur die SOOO vir Finansiële en Rekeningkundige Dienste is ons interne opleidingshandleidings herontwerp as verwysingsmateriaal en kursusmateriaal is ontwikkel in 'n uitkomsgebaseerde modulêre formaat om te voldoen aan SAKO (Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid) en die NKR (Nasionale Kwalifikasieraamwerk) se vereistes vir akkreditering.
Benewens leerderskappe is 'n rekordgetal beurse toegeken aan Tesouriepersoneel in ons eerste poging om 'n lerende organisasie te word.
Daar is 'n toenemende ingesteldheid op die versterking van eie Provinsiale inkomstebronne. Dit het meegebring dat daar 'n bestendige toename was in ons inkomste die afgelope vier jaar sodat die bruto bedrag in 2003/04 oor 'n miljard rand was. Ander inkomstegenererende inisiatiewe soos die instelling van 'n brandstofheffing en 'n toerismebedheffing word ondersoek.
Die Wes-Kaapse Dobbelary- en Wedrenwysigingswette van 2003 het 'n groot ekonomiesebemagtigingstransaksie in die casino-bedryf moontlik gemaak.
Ons het begin met die formulering van fiskale beleid wat riglyne verskaf oor die manier waarop Provinsiale hulpbronne in die begroting toegeken behoort te word en sorg vir groter openbare deursigtigheid in die begrotingsproses. Dit sluit die volgende in:
Die Wes-Kaapse Inkomste- en Uitgawebeleidsraamwerk 2000/01 - 2002/03
Die Wes-Kaapse Fiskale Beleid 2001 - 2004, 2002 - 2005 en 2003 - 2006
n Wes-Kaapse Provinsiale Voorkeurverkrygingsbeleid is ontwikkel en geïmplementeer om te help met die volhoubare ontwikkeling en implementering van 'n voorkeurverkrygingstelsel.
n Elektroniese Aankoopstelsel (Sourcelink) is ingestel wat gelei het tot vinniger reaksie en omkeertyd vir kleiner tenders.
n Verskaffersdatabasis is ontwikkel in samewerking met die Eenheidstad. Dit akkrediteer verskaffers en lys hul HBI-status (HBI = histories benadeelde individue).
n Verkrygingswebtuiste is tot stand gebring wat al die tersaaklike inligting bevat wat verlang word deur mense wat wil tender vir Provinsialeregeringskontrakte.
n Totale omskakeling van tjeks na elektroniese geldoordrag is ingestel omdat dit meer koste-effektief is.
Weens uitgediende en ontoereikende stelsels vir die bestuur en beheer van verbruiksgoedere en roerende bates is begin met die toepassing van die Logistiese Inligtingstelsel (LOGIS) by 41 Provinsiale kantore (veral Gesondheid) vir die bestuur van voorraad ter waarde van meer as R1,3 miljard.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
